Die Woord is helder
Die Woord is helder

Die Woord is helder

Dani Booysen
DS. JOHAN DE KONING VAN DIE NG KERK TSUMEB SKRYF:

Dr. Elritia le Roux sê sy wil nie ‘n geveg ontlok nie (Republikein, 28 Maart 2019).

Tog slaan sy wild met ‘n stok van subtiele beskuldigings en wilde bewerings wat seker nie onbeantwoord gelaat kan word nie. Haar hele lange relaas oor nederigheid laat my onwillekeurig dink aan die ouderling wat so nederig was dat die kerkraad hom met ‘n medalje daarvoor beloon het. En toe besluit hy ongelukkig om die medalje te dra . . .

Wat sou haar punt wees? Is die eksegetiese metodes van die NGK hoogmoedig en die van die Hervormde Kerk nederig? Spreek haar ongestaafde bewerings dan nou van hierdie einste nederigheid wat sy sou wou propageer?

Dis egter nie Elritia se subtiele beskuldigings oor ‘n gebrek aan nederigheid wat mens die meeste ontstel nie (inderdaad skiet ons almal tekort aan nederigheid), maar dis haar buite konteks manier van Skrifomgang wat die meeste pla. Sy misbruik die asemrowend heerlike doksologie van Romeine 11:33-36. Paulus impliseer nie daarmee dat die Skrif vaag en onverstaanbaar is nie. Nog minder dat ons nie etiese uitsprake mag maak op grond van die Skrif nie. (Hy doen dit immers self gereeld in sy briewe.)

Paulus wil ons wel laat verstaan dat God se genadewerk, soos blyk uit die feit dat die verwerping van Israel tot die insluiting van die heidene gelei het (hoofstuk 9-11), onbegryplik heerlik is! Hierdie genade is juis ontsagwekkend groot teen die agtergrond van God se skrikwekkende toorn oor sonde. (Sien Romeine 1:18 ev.)

Konteks, suster, konteks is tog belangrik. Dis reg, ons moet beslis nederig wees, ons moet inderdaad erken dat nie een van ons presies elke teks en elke gedagte van die Woord onfeilbaar kan verstaan nie. Maar asseblief, in ooreenstemming met wat ons gemeenskaplike belydenisskrifte en die Woord self leer oor die helderheid van die Skrif as die lig vir ons pad en die lamp vir ons voet, moet ons tog erken dat die Skrif duidelike verstaanbare voorskrifte het oor leer en lewe. Ook binne die Nuwe Verbond.

Inderdaad leer hierdie Skrif dat daar vir ALLE sonde vergifnis is, maar dieselfde Skrif stel ook die eise van bekering en belydenis. So lei die onfeilbare Skrif ons om nie te verval in die wildernis van etiese relativisme en losbandigheid nie. Hieroor is ‘n gedeelte soos 2 Timoteus 3:14-17 klinkklaar helder.

Mag die Woord van die waarheid ons almal se gesindheid en gedrag help vorm tot God se eer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!