Diefstal van sonkragbatterye uit MTC-torings
Diefstal van sonkragbatterye uit MTC-torings

Diefstal van sonkragbatterye uit MTC-torings

Die liggaam van mnr. Mario Fish (34) is Vrydag na bewering in die bad­kamer van die verlate Rekor-­sentrum op Rehoboth gevind.

Die oorledene het 'n wond aan sy kop gehad.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is 'n 40-jarige man in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die polisieondersoek duur voort.

ROOFTOGTE
Onbekende verdagtes het na bewering Sondag by die MTC-toring in die Havana- informele nedersetting in Windhoek ingebreek en agt son­kragbatterye ter waarde van N$48 000 gesteel. Die verdagtes het op die vlug geslaan toe die polisie opgedaag het. Hulle het die batterye langs die pad gelos. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Verdagtes het glo ook Sondag om 02:11 by die MTC-toring langs Kindergartenstraat in Katutura ingebreek en 10 sonkragbatterye ter waarde van N$60 000 gesteel. Die batterye kon nie opgespoor word nie. Niemand is in hegtenis geneem nie

Twee mans is Donderdagoggend by die Goreangabdam in hegtenis geneem. Hulle het na bewering drie jaggewere, verkykers en knaldempers in hul besit gehad. Een van die verdagtes is voorheen in hegtenis geneem vir die beweerde inbraak op die plaas Otjere waar gewere gesteel is. Die polisieondersoek duur voort.

'n Verdagte het Vrydag tussen 04:00 en 05:00 glo die deur van 'n huis afgebreek en toegang tot die huis verkry en items ter waarde van N$27 000 gesteel. Die items is nog nie ­opgespoor nie. 'n 23-jarige man is in hegtenis geneem.

Twee mans is Sondag om 21:30 op die plaas Armberg in hegtenis geneem nadat hulle na bewering 'n bakkie gesteel het. Die bakkie is ná 'n jaagtog teruggevind.

Verdagtes het glo Sondag by die ­Gekombineerde Skool Emvula in die Omusatistreek ingebreek en 'n elektriese kabel ter waarde van N$200 gesteel. Hulle het N$26 900 se skade aan die klaskamer aangerig. Niemand is in hegtenis geneem nie.

VERDRINKINGS
Vier mense het gedurende die Paasnaweek verdrink.

Mnr. January Iileka (33) het ­Donderdag om 09:35 glo in 'n dam verdrink terwyl hy geswem het.

Die voorval het in die Ondelishana-nedersetting in die Omusatistreek plaasgevind.

Op dieselfde dag is mnr. Ashipala Shipopyeni (32) se liggaam in die Iikologo-nedersetting in die Omusatistreek deur 'n verbyganger gevind. Hy het glo verdrink. Hy is Woensdag om 09:00 laas gesien toe hy sy huis verlaat het om vir 'n buurman te gaan kuier. Hy het nooit teruggekeer nie.

Mnr. Josef Daniel (23) het Sondag in die Oshikwiyu-nedersetting glo in 'n dam verdrink. Sy liggaam is deur die polisie uit die dam gehaal.

Mbawana Tjiuana (10) het Maandag na bewering agter die Donkerhoek- informele nedersetting in Khorixas verdrink terwyl hy in 'n rivier gaan swem het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!