Diekmann sal kaarte reg moet speel
Olimpiese Spele
Tielman van Lill – Die roeier Maike Diekmann het vanoggend vyfuur (Namibiese tyd) by die Sea Forest Waterway- meer in Tokio, Japan, in haar 2 000 meter individuele enkelskul vir die C/D-semifinaal by die Olimpiese Spele reggeskuif.
Die twaalf roeiers in dié twee semifinale het elkeen ’n plek onder die topdrie in die visier gehad, om sodoende tot die C-finaal deur te dring – waar die Spele se 13de tot 18de eindposisies bepaal word.
Die orige ses sal met ’n resies in die D-finaal tevrede moet wees (19de tot 24ste). Die A-, B-, C- en D-finale vind in môre se oggendure plaas.
Diekmann het verlede Vrydag afgeskop deur uitstekend na ’n derde plek in haar eerste uitdunresies te roei. Die Namibiër se 7 minute 56.37 sekondes teen gemiddeld 15.11 km/h het haar ’n plek in die kwarteindronde besorg wat Sondagoggend beslis was.
Sy het Sondag egter soos talle van die deelnemers nie ’n goeie dag met die spane beleef nie. Sy roei 25.30 sekondes stadiger as twee dae tevore en eindig toe vierde met ’n tyd van 8:21.69 om dus in vandag se C/D-semifinaal geplaas te word.
Hopelik het Diekmann vanoggend haar beste ritme gevind om opnuut vinniger as agt minute klaar te maak en vir die C-finaal te kwalifiseer.
Die 26-jarige Diekmann sou vanoggend in die tweede semifinaal teen Veronica Toro Arana (26 jaar, Puerto Rico), Felice Aisha Chow (44, Trinidad en Tobago), Jovana Arsic (28, Serwië), Lovisa Claesson (26, Swede) en Wing Yan Winne Hung (22, Hongkong) vir ’n plek in die C- of D-finaal kompeteer.
Die Namibiër word vanoggend opnuut teen die 24-jarige Milena Venega Cancio van Kuba opgeweeg. Cancio het saam met Diekmann in die eerste uitdun geroei en vierde in 8:03.00 geëindig. Sy is die volgende dag in die derde repechage met 8:17.30 eerste geplaas om met ’n ompad vir die C/D-semifinaal te kwalifiseer.
Felice Aisha Chow van Trinidad en Tobago is nog ’n gelukkige deelnemer wat in haar repechage met 8:15.94 (eerste) vir die C/D-semifinaal saam met Diekmann en Chow kon kwalifiseer.
Diekmann se strafste teenstand in haar semifinaal sou beslis van Arsic en Claesson gekom het, wat onderskeidelik hul eerste uitdunrenne in 7:46.74 en 7:58.41 voltooi het.
Arsic en Claesson kon egter ook nie Sondag in hul onderskeie kwarteindstryde hul tye van Vrydag nadoen nie en eindig in 8:09.37 (vierde) en 8:16.99 (vierde).
Tatsiana Klimovich (26) van Belo-Rusland en Kenia Lechuka (27) van Mexiko was die gunstelinge om die tweede C/D-semifinaal in te palm. Soos al die ander roeiers het Klimovich en Lechuka in die kwarteindronde gesukkel en swakker met 8:09.04 en 8:09.29 gevaar.
ATLETIEK
Christine Mboma en Beatrice Masilingi sal Maandagoggend vanaf 03:30 (Namibiese tyd) hul eerste proesel van die Olimpiese Spele kry wanneer hulle vir hul 200 meter-naelloop aantree.
Daar sal sewe uitdunne wees. Dit sal merkwaardig wees indien een of beide die tieners dieselfde aand (vanaf 12:25 in Namibië) tot een van die drie semifinale kan deurdring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie