Diep seergemaak deur gemsbokvideo
Kind van die Duine skryf:
My skrywe gaan ook die wrede en gevoellose manier waarop ‘n weerlose gemsbok doodgemaak is en weereens is die wese genoem “mens” betrokke.
Vir die wat nie die artikels in Republikein van 9 en 10 Augustus gelees het nie: hierdie gemsbok is deur die mans met klippe gegooi (nadat hulle dit gekwes het) en met ‘n stomp mes op die ou einde doodgemaak terwyl die gemsbok beangs en “hulpeloos” blêr, en die mans “dawerend lag”.
Behalwe vir die gevoelloosheid van hierdie mans, is dit nog erger dat hierdie gemsbok nie doodgemaak moes word omdat hierdie mans besig was om dood te gaan van honger nie. Hierdie dier is doodgemaak deur die gierigheid van mense wat genoeg het om te eet.
Hier is die probleem met die mens wat toegee aan wreedheid: Omdat die mens nie self die pyn ervaar wat hy aan ‘n ander veroorsaak nie, laat sy aksie hom sterk voel, hom in beheer voel en dit laat hom “superior” voel. Omdat sy prooi/ slagoffer meer en meer weerloosheid toon, laat dit die aanvaller se adrenalien meer pomp en is sy brein nog meer afgestomp, soveel so dat hy geen skuldgevoel of enige wroeging voel oor wat hy besig is om te doen nie . En die ergste is, die marteling wat hy uitdeel, streel sy arrogante ego en hy voel almagtig en onaantasbaar.
Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê.
Ek twyfel of hulle die angs sou kon ervaar wat die gemsbok moes ervaar het, Die gemsbok het nie eens verstaan hoekom hy so seergemaak moet word nie.
Te laat het die gemsbok besef dat die mens gevaarlik is, dat geen dier veilig is nie.
Wanneer gaan die mens op so ‘n vlak kom dat die mens se brein kan registreer dat ander lewende wesens, net soos die mens, geregtig is op ‘n lewe? Dat diere net soos die mens angs, pyn, ens. ervaar.
Wanneer gaan dit tot die mens deurdring dat die mens ‘n verantwoordelikheid het teenoor die aarde, die natuur, die oseane en die diere as die mens daarop wil voortbestaan? Dit maak nie saak hoe jy grootgemaak is/opgevoed is nie, daar is genoeg media-inligting en programme op TV wat jou dit kan laat bevraagteken en van jou ‘n wyser mens sal maak.
Laat jou hande doen wat goed is, moenie dat jou hande seermaak nie.
Daardie mans kan maar liewer daardie geweer gaan bêre en gaan biltong koop by die winkel, as biltong so noodsaaklik is. Hopelik het die “biltong” in die winkels 'n genadiger dood gesterf.
Ek bewonder liewer daardie pragtige gemsbok wat teen die rooi sandduin uitstap en as ek hom wil “skiet”, sal dit met my kamera wees om hom met ander te deel as een van die mooi skeppings wat sy deel tot die ekologie bydra om die aarde 'n woonbare plek vir ons almal te maak.
Neem net vandag se uitgawe van Republikein of enige ander koerant en kyk hoeveel negatiewe berigte oor wreedheid, korrupsie, wanbestuur, aanranding, moord, roof, besoedeling, verwoesting, terreur, eiewaan, ens. verskyn teenoor berigte wat iets positief of moois weergee. Dan kom die vraag: Wie/wat is die mens?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie