Diergaardt neem eers die leisels
Die nasionale afrigterspos sal in die media geadverteer word.
Andrew Poolman - Phil Davies het die afgelope vyf jaar ’n hoë maatstaf as afrigter van die Namibiese rugbyspan gestel en die land kan nie bekostig om toe te laat dat hierdie standaarde verslap nie.
So het die president van die Namibië Rugby-unie (NRU), mnr. Corrie Mensah, die afgelope week in ’n onderhoud gesê.
Die NRU se raadslede het eergisteraand by hul vergadering besluit om Johan Diergaardt in waarnemende hoedanigheid aan te stel, tot tyd en wyl die posisie in die media geadverteer word.
Diergaardt, Sergio de la Harpe (krag en kondisionering) en Irvin Newman (spanbestuurder) is die verkose hoofde wat die voorseisoen-program sal dryf.
Davies, wat vyf jaar gelede as tegniese adviseur by Namibië betrokke geraak het en die span as hoofafrigter na die Wêreldbekers van 2015 en 2019 gelei het, het ná afloop van die afgelope skouspel in Japan afskeid geneem.
Die NRU is gevolglik in die mark vir ’n nuwe afrigter (en straks ook ’n direkteur van rugby soos wat Davies die afgelope jare was) om die nasionale span vir die volgende vier jaar se Wêreldbeker-siklus tot in Frankryk 2023 te lei.
Lede van die Namibiese spelersgroep is bykans eenparig dat die Wallieser ’n uitstekende taak verrig het om die span voor te berei om die agterstand in kompeterendheid teenoor die topvlak lande grootliks te verklein.
’n Belangrike oorweging vir Mensah en sy topbestuur is egter dat Namibiese burgers ook as deel van die afrigterspan bemagtig moet word om ’n sterker nalatenskap vir die land agter te laat as wat tans die geval is.
Die meriete van Namibiese en buitelandse kandidate sal dus opgeweeg moet word om die regte balans te vind tot voordeel van die nasionale span wat nie net weer sy Afrika-uitdagers om Wêreldbeker-kwalifisering moet uitstof nie, maar ook sal streef om op internasionale vlak toenemend ’n groter impak te maak.
Diergaardt maak nie ’n geheim van sy ambisie om weer op topvlak af te rig nie. Die NRU-raad se siening dat hy die bes gekwalifiseerde van die plaaslike kandidate is, is redelik ooglopend.
Diergaardt het in 2011 die Wêreldbeker-span na Nieu-Seeland geneem, nadat John Williams die vorige seisoen aan die stuur van die kwalifiserende veldtog was en daarna ’n aanbod aanvaar het om na die Valke oor te beweeg.
Meer onlangs het Diergaardt ook wondere verrig deur die FNB Universiteit van Namibië te neem vanaf ’n klub wat nooit die topvier kon haal nie, tot ’n opeenvolgende driekuns van premierliga-titels. Die studente se hoë spelpeil was ook ’n rede dat talle van hulle intussen staatmakers vir die nasionale span geword het.
Mensah het vandeesweek aan die koerant gesê daar is baie werk agter die skerms wat op beplanningsvlak gedoen moet word voordat die NRU vroeg in die nuwe jaar sy vierjaarplan en motivering vir finansiering van Wêreldrugby in ’n voorlegging sal moet aanbied.
“Om die spel op alle vlakke te ontwikkel en voortdurend na hoër vlakke te neem, kos toenemend al hoe meer geld. Dit kos dus werk om borge te vind wat inkoop by deurdagte planne om Namibiese rugby sy regmatige plek te laat inneem.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie