DIS Engineering verhuis na nuwe gebou
DIS Engineering verhuis na nuwe gebou

DIS Engineering verhuis na nuwe gebou

Tanja Bause
DIS Engineering op Otjiwarongo het na ’n nuwe gebou verhuis. Hulle lewer steeds uitstekende kliëntediens, maar nou net van ’n groter perseel en met meer produkte.
Sedert 1988 het mnr. Klaus en me. Gisela Bajorat die maatskappy van Weststraat 17 op Otjiwarongo bedryf.
Toe hy destyds die besigheid begin het, het Bajorat veral waterpompe, kragopwekkers en dieselmasjiene versien. Vandag nog onthou baie van sy ou kliënte hom én sy werk.
Die besigheid het uitgebrei en sy vrou Gisela het begin om produkte vir swembaddens en watersuiwering te verkoop. Daar is met ander ontwikkeling begin en toenemend meer boere uit die omgewing het hul kragopwekkers, druk- en waterpompe vir herstelwerk na DIS Engineer­ing gebring. Sodoende is meer werkgeleenthede geskep.
In 2009 het hul seun Gero die maatskappy oorgeneem wat al sedert 1983 in die familie se besit is. Hy het met sonkraginstallasies begin en dit het só uitgebrei dat dit vandag die hoofbedryf van DIS Engineering is. Die maatskappy het vier spanne wat weekliks tot vyf sonkraginstallasies doen.
Nog ’n groot vertakking van die besigheid is ver­skillende soorte waterpompe.
“Ons installeer weekliks drie tot vier pompe op plase in die noorde van Namibië en ook op Gobabis en Usakos,” het Bajorat gesê.
Die maatskappy het sy eie toetstenk waar pompe tot op 250 meter getoets kan word. Dit is om dié rede dat die nuwe perseel so goed geleë is. DIS Engineering het ook die meeste pompe in hul store, dus kan ’n boer dieselfde dag met sy nuwe of herstelde pomp plaas toe ry.
“Ons nuwe vertoonlokaal het nou ook baie produkte waarin vroue sal belangstel – soos ons energiebesparende een- of tweeplaatstowe en die potte, panne en ketels wat daarby pas. Hulle is baie mooi en supermodern,” het me. Britta Bajorat gesê.
Daar is ook ’n groot ver­skeidenheid swembadtoerusting, asook energiebesparende produkte soos gloeilampe, yskaste en vrieskaste.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!