‘Dis nie hoe ’n mens dinge doen’
Ronelle Rademeyer - Die permanente sekretaris van werke en vervoer, mnr. Willem Goeiemann, is nog nie amptelik oor die voorgestelde dissiplinêre ondersoek teen hom ingelig nie.
Goeiemann, wat op die oomblik in Suid-Afrika is, sê hy het net deur middel van berigte in die media kennis geneem dat die kabinetskomitee op algemene beleid en prioriteite verlede week aanbeveel het die kabinetsekretaris, mnr. George Simataa, moet dissiplinêre stappe teen hom oorweeg.
Dit is volgens ’n verklaring deur die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, vanweë die onregmatige wyse waarop die bankrot Padkontrakteursmaatskappy (RCC) ’n reddingsboei-kontrak van N$580 miljoen met ’n Chinese maatskappy gesluit het, asook vir “vorige voorvalle waaroor berig is”.
“Ek is in Suid-Afrika en het nog nie ’n brief oor die kabinetskomitee se aanbeveling ontvang nie. Dit is nie hoe ’n mens dinge doen nie,” het Goeiemann telefonies gesê.
Hy wou geen verdere kommentaar lewer voordat hy nie die geleentheid gehad het om hom van die kabinetskomitee se aanbeveling te vergewis nie. “Ek is die naweek weer terug in Windhoek en sal dan terugvoering gee,” het hy kortliks gesê.
Mutorwa wou hom nie by navraag uitlaat oor die "ander voorvalle" waarna die kabinetskomitee verwys het nie.
"Ek kan net kommentaar lewer oor die RCC-kontrak."
Hy sê hy is nooit self deur sy permanente sekretaris ingelig dat hierdie ongemagtigde kontrak op 9 April gesluit is nie.
"Ek is op 20 April deur my kollega by die ministerie van staatsondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, daarvan verwittig. Ek was oorbluf en stomgeslaan toe ek 'n brief met 'n afskrif van die kontrak van Jooste ontvang het en ek het dadelik na sy (Goeiemann) kantoor gestap om uit te vind waarom hy my nie ingelig het nie," sê Mutorwa.
Intussen het Simataa by navraag bevestig die kabinetskomitee het ’n aanbeveling gemaak ten opsigte van ’n dissiplinêre ondersoek teen Goeiemann. Hy het egter benadruk dat die sleutelwoord “oorweeg” is en hy hom deur wetgewing in dié verband sal laat lei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie