Djihadis moet miljoene euro opdok
Mali
Die Internasionale Strafhof sê ‘n radikale Moslem wat daaraan skuldig bevind is dat hy ‘n Wêrelderfenisplek in die Malinese stad Timboektoe, vernietig het, moet €2.7 miljoen (sowat N$41.7 miljoen) as vergoeding betaal.
Die hof in Den Haag het gister uitspraak gegee dat Ahmad Al Faqi Al Mahdi nege mousoleums en ‘n moskeedeur in 2012 beskadig het en enorme verliese en morele skade aan slagoffers, veral die mense van Timboektoe, veroorsaak het.
Tydens ‘n vorige verskyning het Al Mahdi skuldig gepleit en berou oor die verwoesting uitgespreek. Hy het ook Moslems oor die hele wêreld heen gevra om hulle van sulke dade te weerhou. - Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie