Dollar en Trump: ‘Dinge kan nou enige kant toe’
Die Amerikaanse president het China en Europa glo daarvan beskuldig dat hulle hul sentrale banke gebruik om ’n mededingende voordeel oor Amerika te kry.
Valutahandelaars het Donderdag bespiegel dat die Amerikaanse tesourie gaan ingryp by Amerika se geldeenheid nadat pres. Donald Trump oor ander lande se “valutamanipulering” getwiet het.
Dié verwagting het daartoe bygedra dat die rand Donderdag vir die eerste keer sedert laat in April tot onder R14 teenoor die dollar versterk het. Dit was egter van korte duur en teen 15:00 het die rand weer tot bo R14 verswak.
Bianca Botes, vennoot van Peregrine Treasury Solutions, sê die beweging tot onder R14 volg op bespiegelinge in die mark dat die Federale Reserweraad (Fed) later vandeesmaand Amerikaanse rentekoerse gaan verlaag.
Trump het Woensdag getwiet: “China en Europa speel ’n groot valutamanipuleringspeletjie en pomp geld in hul stelsel in om met Amerika mee te ding. Ons moet dit klop of voortgaan om domkoppe te wees wat terugsit en beskaafd toekyk hoe ander lande hul speletjies speel – soos hulle al jare lank doen!”
Poundsterlinglive.com berig Trump het China en Europa daarvan beskuldig dat hulle hul sentrale banke gebruik om ’n mededingende voordeel oor Amerika te kry deur hul geldeenhede te manipuleer. Hy glo die Fed moet dieselfde doen.
Ten spyte daarvan dat die dollar Donderdag betreklik stabiel vertoon het, neem kommer onder ontleders toe oor die moontlikheid van ’n ingryping. Poundsterlinglive.com bespiegel dat die dollar se reaksie uiteindelik redelik skerp kan wees.
Volgens Bloomberg voel ontleders Trump se twiet dui daarop dat Amerika nou verder sal gaan as net openbare pleidooie. Dit word as die jongste in ’n reeks pogings deur Trump beskou om druk uit te oefen op die Fed om rentekoerse te verlaag en die dollar te laat verswak.
Een van die redes hoekom die dollar Donderdag nie juis beweeg het nie, was omdat dit Onafhanklikheidsdag in dié land was.
Bloomberg berig ook handelsvolumes op aandelebeurse was ver onder die gemiddelde omdat beleggers asem opgehou het vir belangrike inligting oor poste wat Vrydag in Amerika uitgereik word. Dié verslag sal gefynkam word vir enige leidrade oor wat die Fed se volgende skuif gaan wees.
“Vrydag se inligting is belangrik omdat dit gaan bepaal wat die verwagtinge is oor die Fed se rentekoersbesluit later vandeesmaand,” sê Ned Rumpeltin, Europese hoof van valutastrategie van Toronto-Dominion Bank.
Amerika het sedert 2011 nog nie weer by die valutamark ingegryp nie. Destyds is daar ingegryp om die dollar te versterk as deel van ’n internasionale poging nadat die jen erg versterk het ná ’n groot aardbewing in Japan.
Die Canadian Imperial Bank of Commerce glo enigiets kan nou gebeur ná Trump se herhaalde klagtes oor die sterk dollar.
“Die obsessie met valutamanipulasie – ’n maand nadat die laaste tesourieverslag ander gevolgtrekkings gehad het – beteken ons moet ons op enigiets voorberei,” sê Bipan Rai, die bank se hoof van valutastrategie in Noord-Amerika. “Die tesourie het dekades lank nie ingegryp om die dollar te verswak nie, maar ons sal nie verras wees as dit onder Trump verander nie.”
Markaanwysers
· R14,05 teenoor die dollar;
· R15,86 teenoor die euro; en
· R17,68 teenoor die Britse pond.
Hulpbronne
· Ruolie: $63,23 per vat;
· Goud: $1 420,10 per fynons; en
· Platinum: $835 per ons.
Digitale geld
· Bitcoin: $11 105,21/R171 816 en
· Ethereum: $285,08/R4 364
Die Fed se maatstaf van dollarsterkte toon dit is tans die sterkste sedert 2002 en dit maak Amerikaanse uitvoer minder mededingend. As die Fed einde van die maand nie rentekoerse verlaag nie, word die gevaar van ingryping groter, sê Rai.
Trump het die afgelope maande te velde getrek teen Jerome Powell, die Fed se voorsitter, en hom verlede maand ’n “hardkoppige kind” genoem omdat hy nie rentekoerse wil verlaag nie.
Anthony Doyle, beleggingspesialis van Fidelity International, glo Trump se pleidooie gaan toeneem namate ander groot sentrale banke hul rentekoers verlaag.
“Om mededingendheid te verbeter deur geldeenhede te verswak is een instrument wat sentrale banke het om hul ekonomieë te ondersteun en dit is die enigste keuse tans.” – Saamgestel deur Nellie Brand-Jonker/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie