Dollar sak, rand klim voor Fed vergader
Elvira Wood – Die Amerikaanse dollar het vroeg Maandagoggend teenoor verskeie geldeenhede teruggesak.
Reuters berig dit is in afwagting op die besluit van die Federale Reserwe (Fed) dié week oor rentekoerse in die VSA.
Die Fed se opemarkkomitee (FOMC) vergader Dinsdag en Woensdag.
Die verwagting is dat rentekoerse onveranderd gaan bly.
“Die algemene rigting van die dollar is steeds afwaarts en markte sal dié week die FOMC as riglyn gebruik,” sê Sim Moh Siong, valuta strateeg by die Bank van Singapoer.
Die dollar wat teruggesak het, het die rand ’n welkome hupstoot gegee.
Die rand het vroeg Maandagoggend teen R13,59 teenoor die dollar verhandel.
Dit het teen R17,94 teenoor die Britse pond en R15,52 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 302,70 per fynons.
· Platinum: $819 per ons.
· Olie: $61,28 per vat.
Digitale geld
· Bitcoin: $3 469,44
· Ethereum: $107,77 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie