Donald Trump hap na Powell, dollar skrik
Die rand het gisteroggend effens verstewig nadat die dollar wêreldwyd teenoor ander geldeenhede teruggesak het.
Die rand het vroegoggend teen R14,45 teenoor die dollar verhandel.
Dit volg nadat pres. Donald Trump vir Jerome Powell, voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed), oor sy beleid oor rentekoerse gekritiseer het.
Trump het glo Maandag op 'n geleentheid in die Hamptons in die buitewyke van New York gesê hy het gehoop Powell sou 'n Fed-voorsitter wees wat “goedkoop geld” moontlik maak, maar nou verhoog hy rentekoerse.
Sedert Trump president geword het, het die Fed rentekoerse al vyf keer verhoog, twee daarvan vanjaar onder leiding van Powell. Die rand het gisteroggend vroeg teen R18,54 teenoor die Britse pond en R16,66 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake vroeg gisteroggend só:
• Goud: US$1 193 per fynons
• Platinum: US$798 per fynons
• Olie: US$72,23 per vat
Digitale geld
• Bitcoin: US$6 307,52
• Ethereum: US$278,24 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie