Doodsklok lui vir 2020-droom
Die verlore stryd teen 'n besering is vir die jong Windhoeker 'n bitter pil om te sluk.
Tielman van Lill - Jean-Paul Burger moes weens 'n knaende hakskeenseningbesering die aftog blaas in sy ambisie om vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, Japan, te kwalifiseer.
Die talentvolle en vasberade driekampatleet het hierdie teleurstellende aankondiging eergisteraand op sy sosiale mediablad gedoen.
“Ek voel totaal en al verslae om met my 2020 Olimpiese veldtog te moet haltroep. Ek voel egter dit is onregverdig teenoor die betrokke mense om voort te gaan terwyl ek nie honderd persent reg is daarvoor nie.
“Ek wil graag aan die mense wat my deurentyd ondersteun het verduidelik wat aangaan. Dit sou vir my van kardinale, deurslaggewende belang wees om vanjaar vanaf Junie tot Augustus topfiks te wees sodat ek aan baie byeenkomste kon deelneem en soveel punte moontlik kon insamel om volgende jaar op 27 Julie op die wegspringpunt in Tokio te kon staan.
“Maar ek is nie reg nie. Ek sukkel reeds die afgelope twaalf maande met 'n achilleshielbesering wat eenvoudig nie wil wyk nie. Ek is deur talle fisioterapeute en chiropraktisyns behandel. Skanderings is gedoen om die probleem op te spoor, want ek wou bitter graag die ding gesond kry.
“Maar sedert April het die besering net vererger. Ná die Afrika-kampioenskap in Mauritius wat 'n bitter belangrike kwalifiserende kompetisie vir die Olimpiese Spele was, het ek besef die oomblik het aangebreek om tot 'n besluit te kom.
“Ek moes in Mauritius gewen het, of ten minste 'n podiumposisie behaal het, maar ek kon net 'n sewende plek behaal.
“Ek het geweet ek kon eenvoudig nie meer so voortgaan om met die knaende pyn te hardloop nie. As gesoute driekamp- en Ystermanatleet is my pyngrens wel meer weerstandig as die normale ou s'n, maar selfs met dit aan my kant kon ek dit nie verder druk nie.
“Omrede ek geweet het ek is in staat om vir die 2020 Olimpiese Spele te kwalifiseer, is dit vir my 'n bitter pil om te sluk. Maar dan moet ek gesond wees om met my poging te kon voortgaan.
“Die realiteit is egter dat God ander planne met my gehad het en ek kon eenvoudig nie meer teen Sy planne baklei nie.
“Al neem dit ook vier maande, ek gaan daarop konsentreer om my besering te bowe te kom.
“Ek is nog steeds gek oor triathlonkompetisies en sal weer deelneem wanneer my liggaam daarvoor gereed is.
“Ek sal verkieslik hervat met die 70.3-triathlon wat uit 1.9 kilometer swem, 90 km fietsry en 21.1 km hardloop bestaan (in totaal 70.3 myl).
“Ek is nie ondankbaar nie en het steeds groot waardering vir wat ek in my relatiewe kort loopbaan as internasionale triathlon-atleet kon behaal.
“Ek het wonderlike mense ontmoet en wonderlike plekke gesien en ondervind wat my 'n leeftyd sal bybly.
“Met hierdie besluit voel ek dat ek ongelukkig mense in die steek laat wat my pal in my loopbaan ondersteun het. Maar ek het ook besef alles gaan nie net oor my nie! Weens die omstandighede waarin ek my bevind, glo en weet ek dit was die regte en wyse besluit om te neem.
“Elke donker wolk het egter 'n silwerrandjie, want ek het nog 15 jaar om aan Kona-ystermankompetisies deel te neem,” het Burger gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie