Dooie leerskilpaaie 'n raaisel
Tanja Bause - Die massasterftes van leerskilpaaie langs die kus is 'n raaisel vir navorsers, mariene bioloë en die gemeenskap.
Altesaam 12 leerskilpaaie is tot dusver deur mnr. John Paterson van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne in 'n 100 kilometer radius tussen Swakopmund en Hentiesbaai gevind.
“Daar is beslis nog twee wat ek nie kon kry nie,” het hy gesê.
Daar is geen teken van inmenging van mense soos nette of wonde van bootskroewe op die diere gevind nie. Hulle is oënskynlik ook nie beseer nie. Hulle het geen beserings wat dalk deur 'n haai- of walvisaanval veroorsaak kon word nie.
“Die oorsaak van die sterftes is nie bekend nie, maar dit is heel moontlik dat hulle van 'natuurlike' oorsake soos alge in die water of van honger dood is. Hulle het almal omtrent dieselfde tyd gevrek en almal is volwasse skilpaaie van tussen 1,8 m en 2,1 m lank.”
ONTBIND
Die Namibian Dolphin Project kon weens die huidige Covid-19-hokreëls in die Erongostreek en die gebrek aan 'n voertuig nie na die skilpaaie uitry nie.
Paterson het ondersoek gaan instel, maar hy kon nie die nodige weefsel en bloedmonsters neem om te bepaal hoekom hulle gevrek het nie.
“Daar was geen organe in enige van die karkasse nie aangesien almal in 'n gevorderde stadium van ontbinding was.
“Die monsters is noodsaaklik om vas te stel wat die oorsaak van hul dood was.”
In 2008 was daar ook 'n groot hoeveelheid leerskilpaaie wat langs die kus gevrek het.
Mnr. Rod Braby het op die Namibian Dolphin Project se Facebook-blad gesê daar het in dié jaar sowat 50 leerskilpaaie ook sonder oënskynlike rede gevrek.
Dié skilpadsterftes volg skaars twee weke nadat talle malgasse naby Swakopmund gevrek het.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie