Dopregulasies sien lig
Anderhalf weke nadat die land fase 3 betree het waartydens alkohol verkoop en gekoop mag word, is daar duidelikheid oor dié proses.
Denver Kisting
Besighede wat kragtens die drankwet normaalweg op hul persele alkohol mag verkoop en wie se klante die drank daar mag geniet, mag dit nie tydens fase 3 van die noodtoestandmaatreëls doen nie.
Só lui voorskrifte van die ministerie van handel en nywerheidsontwikkeling wat Woensdagmiddag van krag word het – sowat ’n week-en-’n-half nadat dié fase landswyd afgeskop het.
Hotelle en restaurante mag wel drank op hul persele verkoop én toelaat dat dit daar geniet word.
Ofskoon die geniet van alkohol in geen stadium ’n misdaad was nie, was die verkoop en koop van drank tydens fase 1 en 2 van die noodtoestandmaatreëls verbode.
Vir die afgelope bykans twee weke mag alkohol wel weer verkoop en gekoop word – mits dit tussen 12:00 en 18:00 Maandae tot Vrydae geskied.
Op Saterdae mag drank net tussen 09:00 en 13:00 verkoop en gekoop word.
Sondae en op openbare vakansiedae mag daar nie met alkohol handel gedryf word nie.
Volgens die voorskrifte wat vandeesweek in die Staatskoerant gepubliseer is, mag restaurant en hotelle egter deurgaans – ingevolge hul onderskeie drankwetlisensies – alkohol verkoop en klante mag dit eweneens op die perseel geniet.
’n Lisensiehouer en sy werknemers moet ten alle tye verseker alle persone wat die gelisensieerde perseel betree, móét met ’n alkoholgebaseerde handreiniger ontsmet word, lui die handel en nywerheid-voorskrifte.
Die handhawing van sosiale afstand van minstens 1,5 meter (in ’n ry) binne óf buite die perseel is ook volgens die voorskrifte verpligtend. Dié afstand moet duidelik afgemerk word, lui die voorskrifte.
Net een persoon per 10 vierkantmeter van handeloppervlakte of drie persone per aantal kasregisters word te eniger tyd in ’n drankruimte toegelaat. Werknemers van die betrokke besigheid is by dié berekening uitgesluit.
Die maksimum aantal mense wat in ’n besigheid in enige gegewe stadium toegelaat word, moet by die ingang van die perseel aangedui word.
Alle werknemers van diensverskaffers wat dienste aan die gelisensieerde perseel verleen, moet beskermende klere dra.
Kasregisters, toonbanke en betaalpunte moet ná elke transaksie skoongemaak en ontsmet word.
Kassiere moet ook ná elke transaksie hul hande skoonmaak en ontsmet, lui die voorskrifte.
TRADISIONELE BROU
Enigiemand wat tradisionele drank verkoop of koop, mag dit net tydens die toegelate tye doen.
Dié brousels mag nie op die verkoopsperseel geniet word nie.
Die noodtoestandregulasies rondom die handhawing van sosiale afstand en die reiniging van hande moet vir alle klante geld.
DRANKVERVOER WERK Só
’n Drywer of enige persoon wat alkohol of verpakkingsmateriaal aflewer – hetsy van binne Namibië of wat van buite die landsgrense bekom word – mag alkohol en verpakkingsmateriaal vervoer.
Derdepartyhandelaars word net tydens die normale handelsure toegelaat en is ook onderhewig aan die maatreëls wat ten doel het om Covid-19 te bekamp, te voorkom en te onderdruk.
’n Lisensiehouer wat drankverkope aanlyn aanbied, mag slegs tydens toegelate dae en ure drank verkoop.
Die hernuwing van dranklisensies is tydens fase 3 toelaatbaar.
Dié fase loop na verwagting op 28 Junie ten einde.
ERONGO UITGESLUIT
Die Erongostreek is sedert afgelope Maandag om middernag vir twee weke terug in fase 1 – volslae inperking.
Dit bring mee geen drank mag in dié streek tot 22 Junie verkoop of gekoop word nie.
Aanvanklik was net die plaaslike owerheid van Walvisbaai in ’n grendelstaat wat Maandag sou verstryk het.
Vanweë ’n toename in die aantal bevestigde Covid-19-gevalle en beweerde nienakoming van noodtoestandregulasies is die ganse streek opnuut gehok.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie