Dorgeloh maak terugkeer met u2019n knal
Dorgeloh maak terugkeer met u2019n knal

Dorgeloh maak terugkeer met ’n knal

Tielman vanlill
Die Wanderers muurbalklub het die afgelope naweek sy gesogte 2016 Nashua Ope-toernooi aangebied wat Namibië se topspelers van alle ouderdomme gelok het.
Vanjaar se weergawe het soveel belangstelling gaande gemaak dat die gasheerklub gesukkel het om al die wedstryde in te pas. Dit is sekerlik ’n teken dat muurbal ’n opwaartse kurwe in groei en gewildheid toon.
Een van die hoogtepunte was die groot getalle juniors wat ingeskryf en gewys het dat daar heelwat talent is. Hiervoor verdien Sean Wathen, afrigter van Wanderers, krediet vir sy werk wat dié sport onder die jeug bevorder.
Van die jonger garde soos Boeta van der Westhuizen, Arno Diekmann, Henko Knipe en Benetton Calitz het alle verwagtinge oortref deur deurwinterde manne soos William Graham, Oliver Daub en Luan Weijgergans te klop.
Die 16-jarige Lida-Marie Calitz, een van die vondse vir die toekoms, het in die finaal met 3-1 teen Adri Lambert, Namibië se nommer drie speler verloor.
Kyle Kriel, ook 16 jaar oud, het vierde in die mans A-afdeling geëindig toe hy teen die ervare Michau Basson die knie moes buig.
Die mansfinaal was ’n skouspel soos min toe Norbert Dorgeloh, voormalige nommer een in die land, sy terugkeer teen Max Endjala (nr. 3) gemaak het. Dorgeloh moes vir meer as ’n jaar toeskouer speel terwyl hy van ’n knieoperasie herstel het.
Dorgeloh het nog nie tevore teen ’n Namibiër verloor nie en het sy opponent aanvanklik hard laat werk. Hy was met 2-0 voor en dit het gelyk of hy die titel in die sakkie het. Endjala het egter ander planne gehad en die botsing was ver van verby.
Voor Dorgeloh sy oë kon uitvee, was die uitputtende tweestryd in sy vyfde stel met Endjala wat op 10-11 bestem was om die wedstryd te wen. Net toe dit lyk of die kampioen sy titel suksesvol gaan verdedig, het Dorgeloh egter die volgende drie punte gewen om eers gelykop te maak en toe die titel met 13-11 te beklink.
Vanjaar se Nashua Wanderers Ope kampioenskap was een van die mees mededingende kompetisies wat dié klub in baie jare aangebied het en dis sekerlik ’n positiewe rigtingwyser vir die sport.
Nog twee groot borge, Amstel Lite en Visions Consulting het hul gewig agter muurbal ingegooi wat vir opwindende toernooie in die volgende paar maande kan sorg.

Die pryswenners was:
Beste junior Arno Diekmann.
Beste beginner Romar Quitasol.
Mans C-afdeling: Bekerwenner Sean Wathen (Wanderers); Plaatwenner William Graham.
Mans B-afdeling: Bekerwenner Dirk van Niekerk (Wanderers).
Mans A-afdeling: Bekerwenner Norbert Dorgeloh; Plaatwenner Jens Delport.
Vroue-afdeling: Bekerwenner Adri Lambert; Plaatwenner Marion Berry.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!