Dragtige leeuwyfie doodgeskiet
’n Bewaringsorganisasie meen die voorval kon deur middel van ’n doeltreffende vroeë waarskuwing- en reaksiestelsel voorkom word.
Francoise Steynberg - ’n Dragtige woestynaangepaste leeuwyfie met ’n nekband is Donderdag naby Spaarwater in die Torra-bewaringsgebied in die Noordweste doodgeskiet ná sy verlede Dinsdag helder oordag drie bokke gevang het.
Volgens mnr. Izak Smit, van Desert Lions Human Relations Aid (DeLHRA), het die leeuwyfie vier goed ontwikkelde fetusse gedra.
“‘n Veewagter het na die boer, wie se bokke dit was, gehardloop om hom te waarsku. Die boer het die leeuwyfie toe doodgeskiet. Sy is hoogs waarskynlik Xpl 67, ’n 12-jarige leeuwyfie van die Achab-trop, wat in Februarie deur dr. Philip Stander, van die Desert Lion Conservation Trust, met ’n satellietnekband toegerus is,” sê Smit.
Volgens hom is dit onduidelik waarom die boere nie ’n vroeë waarskuwing van die Desert Lion Conservation-projek en die Noordwes-leeuwerkgroep gekry het nie, aangesien die leeuwyfie duidelik met ’n satellietnekband toegerus was.
Smit sê die opgeknapte krale wat DeLHRA opgerig het, is doeltreffend vir mens-leeu-konflik, maar konflik kan bedags voorkom word indien die leeus se posisies bekend is.
“Volgens die boere by die plaas Spaarwater, suid van Palmwag, het die leeuwyfie se trop onlangs herhaaldelik vee op die plaas gevang, en het die boer al 15 stuks vee verloor,” sê Smit.
“Hy het met die jongste voorval, wat om 11:00 gebeur het, drie bokke verloor. Die leeus was 100 m van die jong veewagter af en hy het gehardloop om hulp te kry.”
Volgens Smit meen die boer ’n doeltreffende vroeë waarskuwing- en reaksiestelsel kon die voorval voorkom het.
Hy het sy bedenkinge oor die beloofde stelsel van die ministerie van die omgewing en toerisme se nuwe nasionale mens-dier-konflik-beleid uitgespreek.
“DeLHRA is tevrede dat die boer wettig opgetree het met geen ander opsies nie. Hy kon al die leeus geskiet het, maar het gesê hy hoop die ander leeus het ’n les geleer en sal nou wegbly,” sê Smit.
DeLHRA sal samewerkingsooreenkomste namens en saam met boere van die drie bewaringsgebiede aangaan om pogings tot ’n vroeë waarskuwing- en reaksiestelsel met die ministerie te verskerp, “want volgens onlangse voorvalle is daar duidelike tekortkominge in die huidige vorm”.
Smit verwys na ’n voorval by Elephant Song in die Hoanibrivier, een by Slangpos in die Huabvallei en een by die De Rust-plaas in die Ugabrivier.
“Dit dui op onvoldoende infrastruktuur en mannekrag wat dringend aangevul moet word deur meer partye in te sluit.
Ons bedank die Torra-bewaringsgebied vir hul volgehoue ondersteuning en samewerking ondanks die swaarkry – en veral die boer wat kopgehou het,” sê Smit.
Stander en die ministerie se woordvoerder het teen druktyd nie op navrae gereageer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie