Drank onder sitplek: 'Dit is nie die skool s'n'
Sunshine Tours het teen laat gister nie gereageer op bewerings dat bier onder die bestuurder se sitplek gevind is nie.
Ronelle Rademeyer
Ooggetuies beweer die bestuurders van twee busse soortgelyk aan dié wat die graad 7's van Windhoek Gymnasium vervoer het, is vroeg Sondagoggend op 'n ongelukstoneel oos van Windhoek opgemerk waar 'n lorrie vol bier omgeslaan het.
Hulle het na bewering met sespakke van die toneel af teruggekeer na die busse toe.
Mnr. Adrian Strauss van 24/7 Recovery, 'n insleepdiens in Windhoek, sê hy het omstreeks 03:30 Sondagoggend by die ongelukstoneel sowat 10 km oos van Windhoek op die B6-roete aangekom.
“'n Vragmotor van WP Transport wat met 'n vrag bier van Suid-Afrika na Windhoek onderweg was, het omgeslaan en ons moes die toneel help opruim en die lorrie insleep,” het hy aan Republikein gesê.
“Net voor sonsopkoms het ek 'n bus gesien wat by die toneel stilgehou en die pad versper het. Ek het soontoe gegaan en gesien die bestuurder keer terug van waar die vrag bier langs die pad gelê het. Hy het bier in sy hande gehad,” vertel Strauss.
Dit is bevestig deur sy kollega, mnr. Gavin Uirab. Volgens hom was dit nie net een bus nie. “Twee busse van Sunshine Tours het daar stilgehou en die drywers het twee keer bier gaan haal en dit teruggevat na die busse,” het hy gister by navraag gesê.
Foto's is Sondagaand op Facebook geplaas van sespakke wat onder die bestuurdersitplek van die buswrak buite Mariental gevind is. Dit is van dieselfde soort bier wat deur die lorrie vervoer is wat buite Windhoek omgeslaan het.
Republikein het vroeg gisteroggend vrae hieroor aan Sunshine Tours gestuur. 'n Oproep na die selfoonnommer wat op die maatskappy se webwerf verskyn, is deur ene Nathal beantwoord wat gesê het hy is nie by magte om kommentaar te lewer nie.
Hy het later teruggebel en gesê die maatskappy sal teen 17:00 'n verklaring uitreik. Teen druktyd het Republikein dit nog nie ontvang nie.
Volgens die skool se uitvoerende hoof, me. Colette Rieckert, was die bier op die bus nie die skool of een van die onderwysers s'n nie.
“Die bier wat gevind is, is wat die busdrywer onder sy sitplek gehad het,” sê sy.
Sunshine Tours het Sondagmiddag 'n kort verklaring sy op Facebookblad geplaas waarin hy sy meegevoel met die families van die oorledenes betuig het en gesê het hy is “diep hartseer” oor die gebeure.
Beseerdes is 'n spoedige herstel toegewens, met die belofte van 'n formele verklaring later. Dié plasing is egter Sondagaand van Sunshine Tours se Facebook-blad verwyder.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie