Drie beroof Swakop-juwelierswinkel
Halfmiljoen se juwele binne vier minute gestroop
Jessica Botes - Drie mans het Maandag die Indigo Blue-juwelierswinkel op Swakopmund beroof.
Volgens die winkel se bestuur, me. Libania Henckert, het die mans om 23:30 die ruit op drie plekke stukkend geslaan en toegang tot ’n glasvertoonkas gekry.
“Die rowers het binne minute die juwele in die hande gekry. Op die beeldmateriaal van ons kringtelevisie kan jy duidelik drie persone voor die venster sien. Hulle het heel rustig hul arms ingesteek en gegryp; hulle was nie eens haastig nie,” het sy gesê.
Sekuriteitswagte van G4S is onmiddellik na die toneel ontbied toe die alarm afgegaan het.
“Daar is sensors op die ruit en toe hulle dit stukkend slaan het die alarm dadelik afgegaan. Die sekuriteitswagte was vier minute later daar, maar toe is die diewe reeds weg,” het Henckert gesê.
Volgens haar het die vermeende diewe met sowat N$500 000 se buit spore gemaak. Nét een groot Tanzaniet en diamant-halssnoer ter waarde van N$120 000 en ’n paar kleiner juwele het in die vertoonkas agter gebly.
“Ek vermoed hulle sal die stene verwyder en dit op die swartmark probeer verkoop. Hulle weet tien-teen-een nie eens hoe waardevol die juwele is nie en hulle sal dit vir enige prys verkoop,” het Henckert gesê.
Hoofinspekteur Erastus Iikuyu van die Namibiese Polisie in die Erongostreek het die voorval bevestig en gesê die polisieondersoek duur voort. Volgens hom beloop die waarde van die gesteelde juwele byna N$350 000.
“Enige lede van die publiek met inligting oor die verdagtes of die gesteelde juwele moet die polisie kontak,” het hy gesê.
Henckert het gesê die juwele word saans in die vertoonkas gelos, omdat baie toeriste in die aande daar verby loop.
Die soektog na die vermeende diewe duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie