Drie Covid-19-verwante sterftes, 112 nuwe gevalle
Drie Covid-19-verwante sterftes, 112 nuwe gevalle

Drie Covid-19-verwante sterftes, 112 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê nog drie mense is aan Covid-19-verwante oorsake in Namibië dood. Dit bring die aantal Covid-19-verwante sterftes op 15 te staan. Die drie sterftes is in die Erongostreek aangeteken en wel twee op Walvisbaai en een op Swakopmund. Die een sterfte op Walvisbaai is 'n 70-jarige man wat in 'n ernstige toestand in die staatshospitaal op die hawedorp opgeneem is. Hy het onderliggende chroniese mediese toestande gehad en is binne 'n uur nadat hy op 'n ventilator geplaas is, op 4 Augustus oorlede. Die tweede sterfte op die dorp is 52-jarige vrou wat op 14 Julie in die Welwitschia-hospitaal op die dorp opgeneem is. Sy was in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal en op 'n ventilator. Sy het onderliggende chroniese mediese toestande gehad en is op 5 Augustus oorlede. Die sterfte in Swakopmund is 'n 73-jarige vrou wat op 2 Augustus in die private hospitaal op die dorp met Covid-19-verwante simptome opgeneem is. Haar toestand het sedert 3 Augustus versleg en sy is op 4 Augustus oorlede.

Uit die 112 nuwe gevalle is 42 in Walvisbaai, 36 in Swakopmund, 19 in Windhoek, nege in Oshakati, terwyl Engela, Eenhana, Rundu, Omuthiya een geval elk aangemeld het. Uit die 112 gevalle is 67 vroue en 45 mans en die ouderdomme wissel van een tot 73 jaar. Die 19 gevalle in Windhoek se ouderdomme wissel van 23 tot 61 jaar en is 14 vroue en vyf mans. Agt gevalle is kontakte van bevestigde gevalle, terwyl die res geen kontak of reisgeskiedenis het nie. Die gevalle is in onder meer Goreangab, Kleine Kuppe, Auas Blick, Wanaheda, Nama-nedersetting, Olympia, Ombili en Pionierspark aangeteken.

Die totale aantal Covid-19-gevalle staan tans op 2 652, terwyl 31 172 weefselmonsters tot op hede getoets is. Namibië het tans 2 074 aktiewe gevalle en 1 730 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!