Drie ontsnaptes weer vas
Drie ontsnaptes weer vas

Drie ontsnaptes weer vas

Tanja Bause
Tanja Bause



Drie van die vier moordverdagtes wat verlede week uit polisieaanhouding op Swakopmund ontsnap het, is in Angola in hegtenis geneem.

Volgens die Namibiese polisie is die drie Sondag in die ­Oshihedi Sheengombe-nedersetting op Ondjiva in Angola vasgetrek.

Volgens die polisie is hulle mnre. Lazarus Fabian (24), Matias Nujoma (25) en Ngenokesho Stefanus (23).

Reëlings word getref om die drie verdagtes terug Namibië toe te bring sodat klagte van ontsnapping uit wettige aanhouding teen hulle ingedien kan word.

Die vierde verdagte, mnr. Daniel Nghilifa (24), is steeds op vrye voet. Die polisie vermoed hy bevind homself nog in Namibië en sê hy sal binnekort weer agter tralies wees.

Die vier verdagtes het verlede Maandag uit polisieaanhouding op Swakopmund ontsnap.

Hulle het glo tussen 14:00 en 14:40 die tralies van 'n ­aanhoudingsel se venster met 'n onbekende voorwerp ­oopgebreek en weggekom.

Die vier mans is ­verhoorafwagtend in drie moordsake.

Nghilifa en Lazarus word ­aangekla van die moord op die bejaarde ­Strzelecki-egpaar op Swakopmund in Augustus verlede jaar.

Hulle het na bewering vir me. Roswitha (79) en mnr. Siegfried (81) Strzelecki in hul huis vermoor.

Die verdagtes is sedert hul inhegtenisneming in aanhouding.

Die beskuldigdes is ook van diefstal en aanranding aangekla.

Nujoma en Stefanus word daarvan beskuldig dat hulle in Maart 2016 'n man vermoor het.

Hulle het glo die 38-jarige mnr. Joseph Hekandjo op Walvisbaai met 'n mes doodgesteek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!