Drie vermoor, drie sterf in ongelukke
Tanja Bause
Sersant Sebeteus Kasutu (59) van die Namibiese polisie is Saterdag in die vroeë oggendure in die Outjo-staatshospitaal oorlede nadat hy glo Vrydag deur sy vrou met ''n bottel in die nek gesteek is.
Volgens insp. Pendukeni Haikali, woordvoerder van die Namibiese polisie, was die twee op pad na ''n dobbelhuis toe hulle in ''n bakleiery betrokke geraak en sy hom glo met die bottel gesteek het.
Die 37-jarige mnr. Johannes Tjiriange is Saterdag by die Ondjamo-nedersetting dood nadat sy 37-jarige neef hom glo verwurg het. Dit word beweer die verdagte het sy skape in die oorledene se kraal ingejaag. Die oorledene het dit gesien en ''n bakleiery het tussen die twee manne ontstaan en het die een neef die ander een na bewering verwurg.
Mnr. Eino Siyukufeni (78) is Saterdag om 19:00 by die Mpungu-nedersetting met ''n tradisionele byl vermoor. Volgens Haikali het Siyukufeni sy kleinkinders hoor skreeu. Hy het ondersoek gaan instel en op ''n man afgekom wat besig was om een van sy kleinkinders met ''n stok aan te rand. Hy het tussenbeide getree en die verdagte het glo die byl uit Siyukufeni se hand gegryp en hom doodgekap. Die verdagte is bekend, maar nog nie in hegtenis geneem nie.
Die nege-jarige Tangee Muhenye is Vrydag om 16:00 deur ''n krokodil naby die Enyandi- nedersetting gevang terwyl hy en vriende in die Kunenerivier geswem het. Sy liggaam is nog nie gevind nie.
Vrydag om 20:00 het mnre. Edward Cloete (28) en Jesaja Kameeta (43) op die pad tussen Maltahöhe en Walvisbaai gesterf toe die voertuig waarin hulle gereis het, omgeslaan het.
''n Bakkie met 11 passasiers op het op die hoofpad tussen Outapi en Okalongo omgeslaan toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Me. Magnaen Aludhile is op slag dood. Die ander passasiers is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie