Drietal blink uit met snellopers

Perdesport
Drie Namibiese ruiters in die Western-perdrystyl het onlangs in 'n Suid-Afrikaanse virtuele perdeskou met snellopers (quarter horses) meegeding.

Die klasse en die rypatrone wat ruiters moes volg, is vooraf op Facebook uiteengesit. Deelnemers het twee weke gehad om te oefen en moes dan hul videos instuur om deur die internasionale beoordelaar Sarah Jane McCrindle Vermeulen geëvalueer te word.

Frankie Francis, 'n plaaslike organiseerder van die sport, sê dit was die eerste keer dat plaaslike ruiters op so 'n virtuele grondslag meegeding het. Die uitdagings was onder meer om 'n arena in die vereiste opset van hindernisse op te stel, asook om te verseker dat die videos in die korrekte formaat aangestuur kan word.

Sy het haar trots uitgespreek op die vertonings van die ruiters, asook die perde Aloe Ridge Gold Rock en Bronco Cuda Bar.

Albert Gomaxab, wat maar nog skaars meer as een jaar in Western-perdry deelneem, was heel in sy noppies met sy vertoning. “Dit was my heel eerste deelname aan enige skou en ek is baie verbaas dat ek eerste in die Amateur Reining-kategorie geplaas is. Ek is selfs voor my afrigter, Frankie Francis, geplaas.”

Carmen Aston, in die junior afdelings, het ook baie goeie punte in die Reining-, Trail- en Ranch Riding-dissiplines behaal. Sy is een van die land se ontluikende sterre in Western-perdry. Sy sê: “Snellopers (quarter horses) is so intelligent. Ek het dit baie geniet om op Rocky te ry en om hom nuwe vaardighede aan te leer.”

Mnr. Pieter Fourie, voorsitter van AWESHA (African Western Stock Horse Association) sê die sport se gewildheid in Namibië is aan die toeneem, veral in die boeregemeenskap wat hul perde vir beeswerk gebruik. Die plan is om voortaan meer gereeld sulke virtuele skoue te reël.

Vir meer inligting oor die Western-perdesport, stuur gerus 'n e-pos na [email protected]

Die Namibiërs se uitslae was soos volg:



'RANCH RIDING'

Jeugklas: 2 Carmen Aston (Aloe Ridge Gold Rock).

Amateur: 1 Frankie Francis (Bronco Cuda Bar), 2 Albert Gomaxab (Aloe Ridge Gold Rock).

Ope: 2 Frankie Francis (Bronco Cuda Bar); 4 Frankie Francis (Aloe Ridge Gold Rock).



'TRAIL'

Jeug: 1 Carmen Aston (Aloe Ridge Gold Rock).

Amateur: 1 Frankie Francis (Bronco Cuda Bar), 2 Albert Gomaxab (Aloe Ridge Gold Rock).



'REINING'

Jeug (vlak 1): 1 Carmen Aston (Aloe Ridge Gold Rock)

Amateur (vlak 1) 1 Albert Gomaxab (Aloe Ridge Gold Rock). 2 Frankie Francis (Bronco Cuda Bar)

Ope (vlak 2): 3 Frankie Francis (Aloe Ridge Gold Rock); 4 Frankie Francis (Bronco Cuda Bar).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!