Droogte-eise su00e1l uitbetaal word
Droogte-eise su00e1l uitbetaal word

Droogte-eise sál uitbetaal word

Talle eise vir droogtebystand moet nog verwerk word, terwyl die Namibië se noodtoestand weens droogte na verwagting gister sou verstryk.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Die ministerie van landbou, water en bosbou sê alle eise wat voor 6 Maart ontvang is, sal steeds uitbetaal word.

Dit behels eise wat gemaak is met betrekking tot die aansporingskema vir die bemarking van vee, subsidies vir veevoer en lek, asook vir die huur van weiveld en die koste om vee daarheen en terug te vervoer.

Bykans N$21 miljoen is reeds hiervoor uitbetaal.

Terselfdertyd sou Namibië se noodtoestand vir droogte, wat in Mei verlede jaar deur pres. Hage Geingob aangekondig is, gister verstryk het.

Die president se kantoor sou na verwagting nog op navrae reageer oor of dié datum weer uitgestel sou word.

Die ministerie het Woensdag in 'n nuusverklaring gesê altesaam 5 383 eise vir die bemarking van vee is ontvang, waarvan 3 031 ter waarde van N$18,6 miljoen reeds uitbetaal is. Die res, sowat 2 353 eise, word nog verwerk.

Terselfdertyd is 4 510 eise vir voer- en leksubsidies ontvang, waarvan 1 440 eise ter waarde van N$ 1,6 miljoen uitbetaal is. Nog 3 070 eise word tans verwerk.

Ook het die ministerie 204 eise vir die subsidiëring van gehuurde weiding en vervoer ter waarde van N$ 716 573,57 ontvang. Dit is alles reeds uitbetaal.

Dít volg nadat die kabinet die ministerie verlede jaar opdrag gegee het om droogtehulp, in die bogenoemde drie vorme, aan droogtegeteisterde gemeenskappe in die land se 14 streke te verleen.



VOEDSELHULP

Intussen het Namibiërs in die Kavango-Oos- en Kavango-Wesstreek sedert Desember verlede jaar reeds voedselhulp van Amerika ontvang.

Dié hulp is intussen na die Kunene-, Omusati-, Oshana-, Oshikoto-, Zambezi- en Omahekestreek uitgebrei.

Amerika het onderneem om voedselhulp ter waarde van N$ 127 miljoen, oftewel 10 000 ton kos, aan meer as 350 000 Namibiërs te verleen.

Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, me. Lisa Johnson, het onlangs gesê voedselhulp is nodig tot mense hul eerste gewasse kan oes, al het dit onlangs in dié gebiede gereën.

Ná die president die droogte in Mei 2019 tot nasionale noodtoestand verklaar het, het eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila aangekondig die noodtoestand sou met ses maande verleng word en amptelik eers op 6 Maart opgehef word.

Die kabinet het in Februarie vanjaar gesê hy neem kennis daarvan dat weidingstoestande in die Zambezi-, Kavango-Oos-, Kavango-Wes-, Ohangwena-, Oshikoto-, Oshana- en Omusatistreek verbeter en dat die verspreiding van gratis veevoer na dié streke nie meer nodig is nie.

In Februarie is voer egter steeds na die Otjozondjupa-, Kunene-, Erongo-, Khomas-, Omaheke-, Hardap- en ||Kharasstreek versprei omdat dié gebiede nog op genoegsame reën gewag het.

Intussen is kano's en reddingsbaad­jies onder gemeenskappe versprei waar vloede voorgekom het, terwyl die verskaffing van watertenkers op verskeie plekke afgelas is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!