Droogte nog lank nie verby nie
Toestande vir vee in die Onawa nedersetting vererger amper daagliks.
Dié dorpie is een van talle nedersettings wat gebukkend gaan onder een van die ergste droogtes wat Namibië in 30 jaar beleef het.
Die grond is droog, die oeste het verdor en baie vee het reeds van honger gevrek.
Namate die droogte vererger, het bestaansboere begin om kos vir hul diere aan te koop. Dit het egter op die lange duur te duur geword en het hulle begin om karton aan die diere te voer.
Die karton kon hulle verniet by winkels in die omgewing bekom, maar dit het ook tot ’n einde gekom, met sakelui wat dit nou aan die boere verkoop.
Me. Lavinia Naftal is een van die boere op Onawa, wat op die buitewyke van Ongwediwa geleë is.
“Ek is baie teleurgesteld, want ek het baie moeite en geld in my landerye geploeg. En nou is dit alles tot niet. Ek het niks wat ek daarvoor kan wys nie,” het sy gesê.
Van die boere het hul vee na ander nedersettings geneem waar daar meer weiding is, maar vir baie was dit reeds te laat.
“Ek het gras vir my diere gekoop maar dit is nou te duur. My hele huishouding oorleef net op my pensioen van N$1 000,” het Naftal gesê.
Sy het reeds twee koeie en ’n kalf verloor en haar ander vee is baie swak. Sy verwag nie dat hulle gaan oorleef nie.
“Ek het nog ’n paar bokke oor wat ek palmblare voer. Ek gee vir hulle genoeg blare om hulle die hele dag te hou,” het sy gesê.
Nog ’n boer in die omgewing, mnr. Benedictus Kambala, het reeds drie van sy sewe beeste verloor.
“Ek het my beeste vanaf Okalongo in die Omusatistreek hierheen gebring, maar dit was te laat. Hulle het een na die ander gevrek,” het hy gesê.
Hy vertel hoe hy en ander boere karton vir hulle beeste voer. Die kanton word in klein stukkies geskeur en met water nat gemaak voor dit aan die diere gegee word.
“Ek het altyd die bokse verniet by die winkels gekry maar deesdae moet ons daarvoor betaal,” het hy gesê.
Weiding is nie die enigste probleem nie.
“Ons moet water by die munisipale krane vir die vee tap en dit jaag ons munisipale rekeninge op. Verlede maand het ek my hele pensioen net aan water betaal,” het Kambala gesê.
“Ons is 15 mense in die huis en ons oorleef op die twee sakke mieliemeel wat ons van die regering kry.”
Eerste minister me. Saara Kuugongelwa-Amadhila het onlangs gesê meer as 600 000 mense in verskillende streke is van die regering se droogtehulp afhanklik. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie