Droogte noop wildverkope
Droogte noop wildverkope

Droogte noop wildverkope

Die wild word weens die hewige impak van die droogte en die drakragkapasiteit in sekere wildparke verkoop.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme het verlede week ­toestemming by die kabinet gekry om sowat 1 000 lewende wildspesies op 'n openbare veiling te verkoop.

Dié inligting is in 'n mediaverklaring oor die kabinetsbesluite bekend gemaak.

Volgens die woordvoerder van die ­ministerie, mnr. Romeo Muyunda, word die wild weens die hewige impak van die droogte en die drakragkapasiteit in sekere wildparke verkoop.

“Met vanjaar se erge droogte wil die ministerie verskillende wildspesies van verskeie beskermde gebiede verkoop om die weiding te beskerm, asook om broodnodige fondse vir parke en wildbestuur te bekom,” het Muyunda gesê.

Die 500 tot 600 siektevrye buffels in die Waterberg Platopark wat te koop is, oortref reeds die drakrag van die byna 1 000 buffels wat in die park is, volgens Muyunda.

Ander wild in die Waterberg Platopark wat te koop is, is 60 kameelperde, 35 elande en 16 koedoes. Na raming is daar sowat 206 kameelperde in Waterberg, asook sowat 491 elande en 70 koedoes.

Op die veiling sal 28 olifante van die Khaudum Nasionale Park en die Omatjete-omgewing tussen Khorixas en Omaruru in die Erongostreek te koop wees. Na raming is daar tans 6 413 ­olifante in die Khaudum.

In die sentrale streke van Namibië is 16 wildebeeste uit die Daan Viljoen-­wildpark oos van Windhoek te koop en 20 impalas uit die Von Bach-wildpark naby Okahandja. 'n Geskatte 94 wildebeeste is in Daan Viljoen en 198 impalas in Von Bach.

Uit die Suide word 65 gemsbokke uit die Hardap-wildreservaat aangebied waar sowat 780 gemsbokke is. Ook uit die Hardap-wildreservaat en die Naute-­wildpark word 150 springbokke te koop ­aangebied. Na raming is daar 2 019 springbokke in die ­Hardap-wildreservaat.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!