'Droogtes erger en meer gereeld'
Die minister van die omgewing en toerisme is tans in China vir die 13de konferensie teen verwoestyning.
Francoise Steynberg - Met klimaatsverandering verwag ons droogtes gaan meer gereeld en erger voorkom.
Dít was die boodskap van die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, Maandag by die 13de Konferensie van Partye (COP13) van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Bekamping van Verwoestyning (UNCCD).
COP 13 UNCCD vind van 6 tot 16 September in Ordos, in Mongolië, in China, plaas.
"Droogte is 'n kritieke kwessie vir Namibië. Die impak van El Niño in 2013 en 2015 was erg en het gelei tot 'n situasie waar 25% van die Namibiese bevolking voedselonsekerheid ervaar het," het Shifeta gesê.
Hy sê dit is een van die redes waarom droogteverligting as 'n prioriteit hanteer moet word en dit in die Namib-verklaring by COP11 in 2013 in Windhoek aanvaar is.
"In hierdie konteks is dit noodsaaklik dat ons 'n proaktiewe benadering het sodat ons beter voorbereid is daarop om die impak van droogte effektief te hanteer," het hy gesê.
Namibië het in Augustus 2016, in vennootskap met die Afrika-unie en die UNCCD, die eerste Afrika-droogtekonferensie gehou wat deur 400 afgevaardigdes bygewoon is, insluitende plaaslike en internasionale kundiges.
"Tydens die konferensie is die strategiese raamwerk vir droogterisikobestuur en die bevordering van droogtebestandheid in Afrika (Drapa) aanvaar, asook die Windhoek-verklaring vir die bevordering van bestandheid teen droogte," het Shifeta gesê.
"Na verwagting sal die strategiese raamwerk Afrika-lande lei om droogtebeleide nasionaal en in die substreke te ontwikkel en te implementeer, wat hulle meer droogtebestand sal maak."
Die strategiese raamwerk het ses pilare:
1. Droogtebeleid vir droogterisikobestuur (op nasionale, streeks- en internasionale vlak);
2. Droogtemonitering en vroeë waarskuwing;
3. Droogtekwesbaarheid en impakwaarneming;
4. Droogtevermindering, gereedheid en reaksie;
5. Kennisbestuur en droogtebewustheid;
6. Vermindering van onderliggende faktore vir droogte soos kapasiteit en ontwikkeling, jeugbemagtiging en die vermindering van geslags- en inkomste-ongelykheid.
Shifeta sê die Windhoek-verklaring beklemtoon die behoefte dat 'n bindende protokol oor droogterisikobestuur onder die raamwerk van die UNCCD ontwikkel moet word.
"Namibië het vanjaar, in vennootskap met die UNCCD, vir die eerste keer 'n projek geïmplementeer wat ons droogtegereedheidstelsels versterk. Ons het ons vroeë waarskuwingstelsels hersien en gaan die verskillende elemente in een stelsel inkorporeer."
Die elemente van die stelsel is meteorologiese inligting, landbou-inligting soos beramings vir gewas- en veeproduksie, prysneigings van voedsel en voer, die beskikbaarheid van water en inligting oor huishoudelike kwesbaarheid.
"Ek is optimisties dat hierdie omvattende en geïntegreerde vroeë waarskuwingstelsel 'n belangrike rol sal speel in ons kwesbare bevolkings en ekosisteme rakende die impak van droogte," het die minister gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie