Dubbel soveel rooibos as dekade gelede
Francois Williams – Die rooibosteebedryf verwag ’n beter oes in 2019 gegrond op die gemiddelde reënval die afgelope jaar.
Al meer graanboere diversifiseer weens die droogte na rooibos omdat dit ’n geharde droëlandgewas is wat in die algemeen minder deur droogte geraak word as ander gewasse, sê Nicie Vorster, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Rooibosteeraad.
Gevolglik is daar ’n rekord-oppervlak van 57 000 hektaar wat onder rooibos is, wat byna dubbel soveel is as tien jaar gelede.
Al meer boere, veral dié in die Swartland, het hul bestaande landbougrond skoongemaak om rooibostee aan te plant. Dit wys volgens Vorster ook op die groeiende vraag na rooibos, sowel plaaslik as internasionaal.
Rooibos, wat eksklusief in die Cederberg- en Sandveldgebiede in die Wes-Kaap gekweek word, is besig om vinnig een van die aantreklikste landbouprodukte te word waarin belê word, meen Vorster.
Nog goeie nuus vir die rooibosboere is die regering se goedkeuring om die Clanwilliamdam met 13 m te verhoog. Dit sal die dam se opgaarvermoë bykans verdriedubbel en aan die boere in die gebied meer sekerheid oor waterbeskikbaarheid gee. Die bouwerk aan die damwal se verhoging het in November begin en kan sowat vyf jaar duur.
Rooibosboere het verskeie stappe gedoen om hul watervoorraad te bestuur te midde van die erge droogte, sê Vorster. Dit sluit in die gebruik van meer volhoubare boerderypraktyke, die verwydering van dors indringerplante in die omgewing van rooibosvelde en om peste en plae te beperk.
Maar hoewel rooibosboere gewoond is aan droogtetye is die oesvolumes nie immuun teen die effek van klimaatsverandering nie, sê Vorster.
Feite oor rooibos:
· Die rooibosteebedryf neem sowat 8 000 plaaswerkers in diens en nog werkgeleenthede word geskep in stroomopaktiwiteite soos verwerking, verpakking en kleinhandel.
· Tussen 6 000 en 7 000 ton van alle rooibos word plaaslik verbruik. Dit is sowat die helfte van die totale oes. Die res word na meer as 30 lande uitgevoer, wat Duitsland, Nederland, Japan, Brittanje en Amerika insluit. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie