Duisende gestrand ná Britse lugdiens vou
Die finansiële probleme van 'n Britse lugredery besorg nou hoofbrekings aan duisende passasiers wat nie hul bestemmings kan bereik nie.
Die Britse lugdiens Monarch is insolvent verklaar en as gevolg daarvan is 110 000 passasiers oorsee gestrand gelaat.
Dit is die grootste Britse lugdiens nóg wat sy bedrywighede moes staak.
Dit is ook die derde Europese lugdiens wat vanjaar ineengestort het weens die mededinging van laekostelugdienste wat hul bedrywighede knou.
Dié lugdiens en Monarch Travel Group is onder administrasie geplaas, wat beteken vlugte en vakansies wat deur hulle bespreek is, is gekanselleer en kan nie geherskeduleer word nie, volgens KPMG, wat as die administrateurs aangestel is.
Weens die vakansies wat bespreek is, is nog 300 000 mense geraak.
Die Britse regering moet nou reëlings tref om die toeriste van oorsee af terug te bring.
Monarch het vlugte na meer as 40 bestemmings oor die wêreld heen gebied.
Weens die laer olieprys het meer lugdienste opgeskiet en dit het daartoe gelei dat ander lugdienste hul pryse moes verlaag om mededingend te bly.
Terselfdertyd het die winsmarges van laekostelugdienste in Brittanje gekrimp omdat brandstof duurder geword het weens die verswakking van die pond ná Brexit.
Andrew Swaffield, uitvoerende hoof van Monarch, sê die lugdiens is die slagoffer van invloede van buite. Hy het ook verwys na 'n stormloop van lugdienste in sy Mediterreense mark nadat terrorisme veroorsaak het dat vakansiemaatskappye se blootstelling aan Egipte, Tunisië en Turkye verminder is.
Monarch is in 1968 gestig en het al voorheen finansiële probleme ondervind. Die lugdiens het egter in Desember 'n kapitaalinspuiting van £165 miljoen van Greybull Capital ontvang. In 2014 het Greybull 90% van Monarch gekoop toe hy £125 miljoen in die groep belê het.
Dié private ekwiteitsfirma het Maandag in 'n verklaring gesê hy is “baie jammer' dat die omkeerplan misluk het.
Monarch gee aan 2 100 mense werk.
Die gebeure by die lugdiens volg op Ryanair wat 20 000 vlugte gekanselleer het weens ander probleme. Dit het die reisplanne van 700 000 mense ontwrig. – Netwerk24/Bloomberg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie