Duisende keer terug na ruïnes van Aleppo
Sirië
Duisende mense het begin om terug te keer na die voorheen rebelle-beheerde oostelike deel van Aleppo, ondanks vriesende weersomstandighede en verwoesting “wat die verstand te bowe gaan” het ‘n amptenaar van die Verenigde Nasies (VN) gesê.
Sajjad Malik, die VN se humanitêre koördineerder in die stad, sê ondanks die enorme verwoesting is daar optimisme, nou dat die geweervuur stil geraak en ‘n skietstilstand in werking getree het.
Rebelle het verlede maand beheer oor die deel van die stad aan magte lojaal aan Sirië se pres. Bashar Assad afgestaan. Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie