Duitse koalisie gered ná Merkel se toegewings
Minister van binnelandse sake, het Sondag gedreig om oor Merkel se migrasiebeleid te bedank.
Die koalisieregering in Duitsland is gered nadat Angela Merkel, kanselier, ’n ooreenkoms oor immigrasie met ’n belangrike koalisievennoot, Horst Seehofer, leier van die Beierse Christen-Sosiale Unie (CSU), bereik het.
Die ooreenkoms bring ’n einde aan die rusie tussen Merkel se Christen-Demokratiese Unie (CDU) en die CSU slegs vier maande nadat die koalisie gevorm is.
Seehofer, minister van binnelandse sake, het Sondag gedreig om oor Merkel se migrasiebeleid te bedank. Die CSU en die CDU is al dekades lank in ’n vennootskap in die land se federale regering.
Reuters berig Seehofer het ná die vergadering van vyf uur lank aan verslaggewers gesê hy sal in sy pos aanbly nadat ’n ooreenkoms bereik is wat onwettige immigrasie sal stuit.
INTENSIEWE BESPREKINGS
“Ná intensiewe besprekings tussen die CDU en die CSU het ons ’n ooreenkoms bereik oor hoe ons in die toekoms onwettige immigrasie aan die grens tussen Duitsland en Oostenryk kan voorkom.”
Volgens Reuters hou die ooreenkoms Merkel, wat die politiek in Europa langer as 12 jaar oorheers het, in beheer. Haar party het egter in die laaste verkiesing swak gevaar en sy steun swaar op haar koalisievennote. Dit het vrae laat ontstaan of sy haar termyn sal voltooi.
Die BBC berig Merkel het ingestem tot strenger immigrasiebeheer aan die Oostenrykse grens om mense wat reeds in ander Europese lande om asiel aansoek gedoen het, te keer om Duitsland binne te kom.
Sy beskryf die ooreenkoms as ’n goeie skikking ná moeilike onderhandelinge.
Deurgangsentrums gaan gestig word om mense aan te hou totdat hulle teruggestuur kan word.
Volgens die BBC word daar egter vrae gevra oor hoe dit gaan werk. Oostenryk se regering het Dinsdag gesê hy sal maatreëls tref om sy suidelike grens te beskerm om onwettige immigrante te stuit voordat hulle deur dié land reis en sy grens met Duitsland in die noorde van die land bereik. Hy het Duitsland gevra om gou besonderhede oor sy besluit te gee. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie