Duitse projek sorg vir bekoring
Duitse projek sorg vir bekoring

Duitse projek sorg vir bekoring

Die Duitse ambassade in Windhoek bied vanaand om 19:00, in samewerking met die Hoërskool Martin Luther se koor, asook die Westerse Jeugkoor, ‘n konsert by die Kollege van die Kunste (Cota) aan.

Hoërskool Martin Luther op Okombahe is een van die eerste Namibiese skole wat by vanjaar se Duitse skoleprojek, Schools: Partners for the Future (PASCH), verwelkom is.

As wêreldwye program vir die ontwikkeling en bevordering van Duitse taalonderrig op skole bevorder PASCH interkulturele projekte en die ontwikkeling van 'n internasionale leergemeenskap.

Binne die omvang van hierdie program word Duitse taalklasse by PASCH-skole wêreldwyd bevorder.

In 2008 het hulle die beste moontlike vennoot, die Hoërskool Martin Luther op Okombahe, gevind.

Hierdie skool bied al vir 47 jaar Duits as 'n vreemde taal aan, en het 'n hoë standaard daargestel.

Die Westerse Jeugkoor is die grootste jeugkoor in die Erongostreek.

Die koor word deur Roger Nautoro, raadslid vir die Omaruru-munisipaliteit, begelei.

Die Westerse Jeugkoor het reeds deur Duitsland en Nederland getoer en het 'n repertoire van meer as 100 liedjies wat hulle saamgestel en uitgevoer het.

Altesaam 90 jong Namibiërs sal die verhoog by die Cota-konsertsaal betree om 'n mengsel van Namibiese en Afrika-liedjies uit te voer.

Die Duitse ambassade ondersteun graag jong, Namibiese sangers, sowel as Namibiese koormusiek en sien na die vertoning uit.

Toegang tot die koorkonsert is gratis.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!