Duitsland skenk vir bosbou, opvoeding
Die Duitse regering het onlangs motors en rekenaartoerusting ter waarde van meer as N$ 2 miljoen (sowat €127 000) aan die ministerie van landbou, water en bosbou se direktoraat van bosbou geskenk, asook aan die Universiteit van Namibië (Unam).
Die skenking sluit in drie voertuie wat bedoel is om die direktoraat te help om sekere prioriteitsgebiede beter te monitor en wetstoepassing te versterk. Die rekenaartoerusting en skryfbehoeftes moet ook na die direktoraat se kantore in dié gebiede gaan.
Die toerusting sal die direktoraat help om nuwe prosesse te implementeer, wat die digitalisering van hul dienslewering insluit.
Die direktoraat sal vir plaasinspeksies toenemend op satellietbeelde en lugfoto’s staatmaak en ’n digitale stelsel vir die uitreik van oespermitte implementeer.
Die nuwe proses moet die koste en tyd verminder wat permitaansoeke neem, wat die betroubaarheid en doeltreffendheid hiervan moet verhoog.
Tydens die geleentheid het Unam se departement van dierewetenskap ’n laboratorium-inkubator ontvang om boskos-monsters te ontleed.
Dít volg nadat boere tydens die droogte boskos as noodvoer vir hul vee begin gee het.
Die ministerie se afdeling vir landbounavorsing en -ontwikkeling gaan ook laboratoriumtoerusting ontvang.
Hulle toets reeds biomassa-monsters vir die publiek en die nuwe toerusting sal dié diens na verwagting versterk.
Die skenking is deur die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (Giz) gefasiliteer en vorm deel van die groter samewerking tussen die twee lande se regerings wat die bevordering van bosbeheer en die volhoubare gebruik van biomassa in Namibië betref.
Die Giz en die ministerie implementeer gesamentlik sedert 2014 reeds die bosbeheer- en biomassa-verbruikprojek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie