Duitsland steun kleinsake
Die Duitse minister van ekonomiese ontwikkeling en samewerking het onlangs deur Namibië getoer.
Augetto Graig - Duitsland sal in die loop van die volgende twee jaar sowat N$2 miljard ter ondersteuning van Namibiese kleinsake en die ontwikkeling van vernuwing beskikbaar maak.
Dr. Gerd Müller, Duitsland se minister van ekonomiese samewerking en ontwikkeling, het dié aankondiging op 30 Augustus by Katutura se nuwe sentrum vir vernuwing en besigheidsontwikkeling gemaak.
Die perseel word tans deur die regering aan kleinsakeondernemings verhuur, en met Duitsland se ondersteuning kan dit aansienlik uitbrei en opgradeer.
Müller se amptelike besoek aan Namibië het op 20 Augustus afgeskop.
Hy het met die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), mnr. Peter Katjavivi, die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, en die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, vergader.
Vanweë hul lang en gedeelde geskiedenis het Duitsland en Namibië noue bande.
Ontwikkelingsamewerking vorm ’n groot deel van die verhouding tussen Namibië en Duitsland.
Sedert 1990 is ongeveer een miljard euro aan openbare fondse vir hierdie doel beskikbaar gestel.
Müller het sy Namibiese toer op 2 September met ’n besoek aan Namport op Walvisbaai afgesluit.
Die afgelope naweek het Müller en die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, die nuwe Buffalo-parkstasie in die Bwabwata Nasionale Park ingewy.
Die oprigting hiervan was deel van ’n langtermyn- Duits-Namibiese ontwikkelingsprogram.
Die minister het Vrydag ook die Mashare-opleidingsplaas in die Kavango-Oosstreek besoek – ’n projek wat deur die Duits-Namibiese ontwikkelingsprogram gesteun word.
Dit was ná sy oggendbesoek aan die kleinsake-ontwikkelingsentrum in Katutura.
Hier het Müller met onder andere mnr. Vincent van Wyk, stigter van die PEBL-rekenaarmaatskappy, ontmoet wie se besigheid ook van die perseel af bedryf word.
Van Wyk het sy plaaslik ontwerpte produk bespreek, wat ’n eerste vir Namibië is.
Volgens hom kan hierdie produk die eerste pan-Afrikaanse rekenaarhandelsmerk word.
PEBL is ’n klein rekenaar van slegs 11,8 cm by 11,8 cm.
Die buite-ontwerp het ’n aluminium-omhulsel met onder meer HDMI 1.4-, DP-, USB 3.0-, USB Type C- en LAN-poorte.
Interne funksies sluit ’n Intel-skyfie, tradisionele HDD- en vastestand-aandryfopsies, Kingston RAM, ingeboude Wi-Fi- en Bluetooth-verbinding in.
Die verwerkerreeks bevat die sewende generasie Intel Celeron 3000, Intel Core i3, Intel Core i5 en Intel Core i7.
PEBL is uniek omdat elke rekenaar spesifiek vir die kliënt ontwerp word.
“Die Westerse kultuur het die individu ’n masjien-identiteit gegee. Ons is anders. PEBL bou masjiene in die gees van die voorvaderlike Afrika-filosofie wat elkeen beskou as die resultaat van alles wat voorheen was. Ons skep instrumente waarvolgens jou prestasie jou identiteit bepaal, en ons gebruik moderne tegnologie om dit op ons akkurate manier in ons produkte vas te lê,” het Van Wyk gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie