Dundee, vakbond bereik eenstemmigheid
Augetto Graig – Dundee Precious Metals en die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) het op 14 Julie hul onderhandeling oor diensvoorwaardes voltooi. Die onderhandelingsproses het ses maande geduur. Die partye het ooreengekom dat sowat 800 werknemers van Dundee 'n 3% verhoging terugwerkend tot 1 Julie 2021 ontvang, en 'n 4% verhoging op 1 Maart 2022.
Volgens Dundee se visepresident and besturende direkteur, mnr. Zebra Kasete, dek hierdie ooreenkoms die periode vanaf 1 Julie 2021 tot 28 Februarie 2023.
“Die ooreenkoms kom op 'n tydstip waar die ekonomie gebuk gaan onder Covid-19, en met onsekerheid wat ondernemings oraloor die sektor in die gesig staar, is ons bedag op ons eie uitdagings. Hierdie ooreenkoms gee ons werknemers sekerheid en laat hulle toe om op veiligheid en produktiwiteit te fokus,” sê hy. Die maatskappy se smelteraanleg vervaardig 98,5% suiwer koper.
Dié Tsumeb-mynboureus het op 8 Julie sy ondersteuning aan die nasionale Covid-19-stryd gegee deur 'n suurstofskenking van N$500 000 te maak.
Altesaam N$130 000 van dié skenking is vir die Tsumeb-hospitaal geoormerk en die res aan die Namibiese Kamer van Koophandel (NCCI) en die Kamer van Mynwese se gesamentlike bydrae aan die regering.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie