Dwelms glo oor grens gesmokkel
Verskeie polisiedeurbrake die afgelope tyd het vermeende dwelmhandelaars en -gebruikers se turf laat sit.
Augetto Graig
Die Namibiese polisie het onlangs verskeie suksesse behaal in sy stryd teen onwettige dwelmhandel en -gebruik.
'n Sak met 6 875 Mandrax-tablette is Donderdag by die Buitepos-grenspos in 'n vertrek naby die doeanebeamptes se kantoor gevind.
Volgens die polisie se misdaadverslag word vermoed 'n vragmotorbestuurder het dit daar versteek om te verhoed dat dit by die grenspos in sy vragmotor gevind word.
'n Doeanebeampte het op die sak dwelms afgekom en die polisie daarvan in kennis gestel. Niemand is al in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.
Drie mans is Woensdag in Otjiwarongo se Orwetoveni-woonbuurt in hegtenis geneem nadat enkele Mandrax-tablette en 70 ballies dagga tydens 'n klopjag na bewering in hul besit gevind is. Die mans is onderskeidelik 63, 62 en 27 jaar oud.
In Katutura se David Goresebstraat is nog 'n 67-jarige man Dinsdagmiddag met 526 Mandrax-tablette met 'n straatwaarde van ongeveer
N$31 560 betrap. Die polisie se ondersoek hierna duur voort.
'n Kongolese man (29) wat Woensdag in Katutura met kokaïen betrap is, word ook ondersoek. Hy is by 'n huis in Shanghaistraat in hegtenis geneem.
Volgens hoofinsp. Kauna Shikwambi, polisiewoordvoerder, is dié inhegtenisnames 'n teken dat daadwerklike pogings deur die polisie, in samerwerking met die publiek, aangewend word om die gebruik van dwelms in Namibië hok te slaan.
“Ons waardeer almal wat betrokke is by die bekendmaking van inligting en só help om te verseker diegene wat dwelms hanteer en besit word, ingevolge die wet vervolg. Kom ons gaan voort om misdaad te bestry en ons nasie veilig te hou,” sê sy.
Intussen het die polisie verlede week 'n verdagte op Grootfontein in hegtenis geneem wat na bewering tussen 11 en 19 September sowat N$1,24 miljoen by die Standard Bank Namibia-tak op dié dorp gesteel
het.
Tot dusver is N$984 000 van die gesteelde geld teruggevind.
Die 22-jarige man het reeds voor die hof verskyn en sy saak is tot 8 November uitgestel vir verdere ondersoek.
Borgtog is aan hom toegestaan.
Plaaslike handelsbanke bied saam met die polisie 'n beloning aan vir inligting wat tot die inhegtenisname sal lei van verdagtes wat sedert November 2016 geld by kommersiële banke en outomatiese tellermasjiene (ATM) gesteel het.
Volgens Shikwambi sal die beloning bepaal word deur die gehalte van die inligting.
Sy sê ook informante se identiteit sal beskerm word.
Die misdaadondersoekkoördineerders wat gekontak kan word, is adj.komm. Abner Agas by 081 124 2649 in die Khomasstreek, adj.komm. Erastus Iikuyu by 081 246 4757 in die Erongostreek, adj.komm. Willie Bampton by 081 129 0051 in die Omusatistreek en adj.komm. Katriena Andreas by 081 213 1755 in die Otjozondjupastreek.
Alternatiewelik kan die publiek hul naaste polisiekantoor besoek of 080 021 0964 skakel, sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie