E-herwinning: Die toekoms

Yandi Du Plessis
NamiGreen, Namibië se vooraanstaande e-afval-herwinningsmaatskappy, het kragte saamgespan met MultiChoice, Afrika se voorste storieverteller en vermaaklikheidsverskaffer, om herwinningspunte op 17 plekke landswyd te installeer.

Dít beteken burgers kan nou hul DStv- en GOtv-bokse en ander elektronika – soos selfone, “gadgets” en toestelle – herwin.

Wanneer elektroniese toestelle die einde van hul leeftyd bereik, word dit outomaties afval, wat behoorlik verwyder moet word. Vanweë die besoedeling wat dit veroorsaak, kan elektroniese afval, of e-afval, nie gestort word nie, aangesien dit dikwels uiters skadelike en toksiese komponente bevat.

Juis om dié rede is hierdie gesamentlike projek baie opwindend vir Namibië, aangesien die land op verskeie terreine daarby sal baat.

Dié aankondiging is op die jongste episode van MultiChoice se The Digital Dish gemaak.

Roger Gertze, besturende direkteur van MultiChoice Namibia, sê: “By MultiChoice Namibia evalueer ons gereeld die impak van ons sakebedrywighede om te voorkom dat ongewenste materiale die omgewing besoedel.

“Ons het oor die jare verskeie inisiatiewe in werking gestel om te verseker dat ons werksgebiede omgewingsvriendelik is. Deur hierdie gesamentlike projek met NamiGreen sal die e-herwinningsdromme by al ons takke, naamlik Eros, Katutura, Ongwediva en Swakopmund, asook ons 13 agente oraloor Namibië, geplaas word.

NamiGreen se besturende direkteur, Per Hansen, verduidelik: “Dis van kardinale belang dat dié projek ’n geografiese voetspoor het sodat Namibiërs makliker van hul e-afval kan ontslae raak.

“Dié vennootskap met MultiChoice het dit moontlik gemaak en ons is opgewonde om dit aan te kondig. Een van ons doelwitte is om die hoeveelhede e-afval te verhoog, aangesien dit meer werksgeleenthede in die herwinningsbedryf skep. Só sal ons almal by hierdie vennootskap baat – nie net ons twee maatskappye nie, maar eerstens Namibië as ’n geheel.

“Terwyl ons die omgewing teen besoedeling beskerm, skep ons ook werk en inkomste vir Namibië.”

’n Interaktiewe kaart van al die herwinningspunte is hier beskikbaar (QR): https://q.my.na/CBQ7

VINNIGE FEITE

• NamiGreen E-waste, ’n gesamentlike onderneming tussen die plaaslike logistieke onderneming Transworld Cargo en die Deense PEHANSEN – gestig in 2018 – dateer terug na 2013 toe Transworld Cargo die inisiatief van stapel gestuur het onder die naam Transworld Cargo E-waste.

• E-afval (elektroniese afval) is volgens die Verenigde Nasies (VN) die vinnigste groeiende afvalstroom ter wêreld.

• Volgens die VN word 80% van alle e-afval wat jaarliks op wêreldwye skaal gegenereer word, nie herwin nie.

• Meer as 55,6 miljoen ton e-afval is wêreldwyd in 2019 gegenereer (nuutste syfers). Volgens die VN sal die jaarlikse vlakke na raming teen 2030 70 miljoen ton bereik.

• Volgens die VN is Europa die vasteland met die hoogste herwinningskoers, wat 35% van al sy e-afval herwin. Asië is tweede met 22%, Amerika derde met 17% en Oseanië vierde met 6%. Afrika herwin net ongeveer 0,5%.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!