Eagles opnuut die Kraanvou00ebls se tier
Eagles opnuut die Kraanvou00ebls se tier

Eagles opnuut die Kraanvoëls se tier

Namibië het gister met sy tweede T20-uitstappie teen Uganda die looitjie gewen en besluit om eerste te kolf.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Nadat die Eagles Saterdag by Wanderers in Pionierspark hul eerste Castle Lite T20-wedstryd met sewe paaltjies teen Uganda gewen het, het die Namibiërs gisteroggend in die tweede T20 strawwe teenstand van die Kraanvoëls ontvang.

Gerhard Erasmus, die Eagles se kaptein, het Saterdag op nommer drie met 62* lopies van 36 balle (5x4, 4x6) die besoekers verwelkom.

Hy het sy 1 000ste internasionale T20-lopies met ’n pragbeurt behaal en 1 008 agter sy naam neergepen.

Erasmus is egter gisteroggend vinnig vir 11 lopies van 11 balle uitgevang. Voor hom is die openingspaar, JP Kotzé en Craig Williams, onderskeidelik goedkoop vir 2 van 8 en 10 van 10 laat stap. Nicol Loftie-Eaton op nommer vier se bydrae is vir 6 van 10 kortgeknip om die Eagles op 4 vir 34 lopies stoom te laat verloor.

JJ Smit op nommer vyf (40 van 32, 1x4, 2x6, geboul Riazat Ali Shah) en Michau du Preez het daarin geslaag om ná ’n wankelrige begin, stabiliteit aan die Namibiërs se kolfbeurt te verleen. Ná Smit se vertrek, wat as speler van die wedstryd aangewys is, was die Eagles op 100 vir 5 in 16.1 boulbeurte.

Met slegs 23 aflewerings oor het die Eagles ten minste nog 50 lopies gekort om ’n verdedigbare teiken aan die besoekers te stel. Maar die gasheer kon slegs 30 bemeester.

Karl Birkenstock op sewe het van tien balle vinnig 16 lopies (2x4, geboul Kenneth Waiswa, gevang Saud Islam) geslaan wat Namibië opnuut met 118/6 in 18.3 boulbeurte gerem het.

Du Preez (33* van 33 b, 2x4, 1x6) en Jan Frylinck (10* van 5 b, 2x4) kon met die laaste tien aflewerings 16 lopies vir 134/6 in hul toegelate 20 boulbeurte opstapel om teen gemiddeld 6.7 lopies per boulbeurt te kolf.

Riazat Ali Shah met 3/23 in 4 boulbeurte was die Kraanvoëls se giftigste angel, maar dit was Cosmas Kyewuta (1 vir 23 in 4) wat die Eagle-kolwers met sy spoed gepla het. Jonathan Sebanja lewer met 1/28 in 4 boulbeurte sy bydrae.

Ben Shikongo wat die boulaanval vir die Eagles geopen het, het in sy eerste boulbeurt met sy vyfde aflewering van die openingskolwer Arnold Otwani, die Uganda-kaptein en paaltjiewagter, vir drie lopies (van 2 b) ontslae geraak (1 vir 3 lopies).

Frylinck, wat Shikongo van die suidekant afgelos het, boul Roger Mukasa (3 van 6) skoon met sy vierde aflewering en die Kraanvoëls steier onverwags op 2 vir 5 in 1.4 bb.

Shikongo volg sy sukses op in sy volgende boulbeurte toe hy Saud Islam (0 van 5) been voor paaltjie met ’n Yorker betrap en Uganda is dieper in die sop met drie kolwers terug in die kleedkamer vir ’n skrale nege lopies.

Ronak Patel op vier en Dinesh Nakrani op vyf moes planne beraam om die Kraanvoëls se onstuimige kolfbeurt te red wat toe meer as sewe lopies per boulbeurt moes aanteken. Nakrani (5 van 10, 1x4, gevang Loftie-Eaton) word Tangeni Lungameni se eerste slagoffer. Met Uganda op 4/16 in 4.4 bb, was die Eagles stewig in beheer van die wedstryd.

Ná tien boulbeurte kon Uganda (4/41) nog steeds nie die petrolpedaal vind nie. Kenneth Waiswa op ses en Patel moes spook om bykans 10 lopies per boulbeurt aan te teken.

Patel en Waiswa kon in die 11de en 12de boulbeurte daarin slaag om hul lopietempo te versnel en eindig op 59/4 ná twaalf. Indien Uganda nie al sy kolwers voortydig sou verloor nie, het dit gelyk of die besoekers meer as 120 lopies kon behaal en moontlik die teiken van 135 slaan.

Kort voor reën spel in die 13de boulbeurt onderbreek het, het Waiswa (33, 31 b, 3x4, 2x6, geboul Bernard Scholtz, gevang Erasmus) die Eagle-boulers aangevat en ’n stewige vennootskap gebou. Met Waiswa se vertrek in die 13de boulbeurt, het dit begin reën en dit wou lyk of die Duckworth-Lewis-Stern-metode ingespan sal moet word.

Uganda (5/65 in 12.4, lopietempo 5.13) het ’n verdere 70 lopies van 44 balle gekort om die wentelling van 135 teen net minder as 10 lopies per boulbeurt te jaag.

Ongelukkig vir Uganda het die hemel oopgebly en die Eagles wen die kragmeting met 21 lopies volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode.

Vir die Eagles het Ben Shikongo (2/8 in 2), Tangeni Lungameni (1/4 in 2, 1 leeg), Jan Frylinck (1/8 in 2) en Bernard Scholtz (1/14 in 2.4) paaltjies gevat.

Stastieke van die eerste T20

Uganda (134/5 in 20 bb): 1 Roger Mukasa (26, 23 b, 3x4, 1x6), 2 Arnold Otwani (7, 11 b), 3 Hamu Kayondo (28, 29 b, 4x4), 4 Ronak Patel (35*, 37 b, 3x4), 5 Dinesh Nakrani (1, 5 b), 6 Riazat Ali Shah (23, 14 b, 1x4, 2x6), 7 Frank Akankwasa (0*, 1 b).

Val van paaltjies: 1/37 (Roger Mukasa, 5.2), 2/40 (Arnold Otwani, 6.4), 3/88 (Hamu Kayondo, 14.2), 4/92 (Dinesh Nakrani, 15.5), 5/132 (Riazat Ali Shah, 19.4).

Eagles (135/3 in 14.5): 1 JP Kotzé (2, 5 b), 2 Craig Williams (4, 7 b), 3 Gerhard Erasmus (62*, 36 b, 5x4, 4x6), 4 Nicol Loftie-Eaton (18, 16 b, 3x4), 5 Michau du Preez (29*, 25 b, 3x4).

Val van paaltjies: 1/7 (JP Kotze, 1.1), 2/12 (Craig Williams, 2.2), 3/53 (Jan Nicol Loftie-Eaton, 5.6).

Boulwerk. Uganda: Cosmas Kyewuta (1/34 in 3) en Dinesh Nakrani (1/22 in 3). Namibië: Ben Shikongo (2/24 in 4), Bernard Scholtz (1/20 in 4), Nicol Loftie-Eaton (1/20 in 4) en Jan Frylinck (1/32 in 4).

Die Eagles-span in hul eerste en tweede T20 teen Uganda is, JP Kotzé, Craig Williams, Gerhard Erasmus, Nicol Loftie-Eaton, JJ Smit, Michau du Preez, Karl Birkenstock, Bernard Scholtz, Ben Shikongo en Tangeni Lungameni. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!