Eagles vier eendagstatus
Eagles vier eendagstatus

Eagles vier eendagstatus

Krieket
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die Eagles het net meer as ‘n jaar gelede op 27 April hul nuutgevonde internasionale eendagstatus (ODI) in Windhoek gevier. Hulle het daardie Saterdag die finaal van die Internasionale Krieketraad (ICC) Wêreldkrieketliga Afdeling 2-kampioenskap met 146 lopies gewen het.

Met dié sege teen Oman (81/10) het Namibië (227/10) vir die eerste keer in 16 jaar daarin geslaag om ‘n nuwe tydvak en 36 internasionale eendagwedstryde (50 beurte) oor die volgende twee jaar te betree.

Met Gerhard Erasmus as kaptein in sy eerste reeks en die afrigtingspan van Pierre de Bruyn (hoofafrigter), Albie Morkel en HD Ackerman as konsultante, het die Eagles ‘n moeilike week benut om teen Hongkong, Kanada, Oman, Papoea-Nieu-Guinee en die VSA opnuut geskiedenis te maak.

Versus Hongkong

Die Eagles het reeds die vorige dag sy doelwit bereik toe hulle Hongkong met 151 lopies verniel het om seker te maak hulle is een van vier spanne by dié toernooi wat internasionale eendagstatus sal kry.

Teen Hongkong het Namibië 396 vir 3 op die telbord met die hulp van Kotzé (speler van die wedstryd met 148 van 86 aflewerings, 9x6, 15x4) en Baard (122 van 128, 10x4, 4x6) opgestapel en daarna Hongkong vir slegs 245 lopies kleedkamer toe gestuur.

Dié 396 lopies is ‘n nuwe Namibiese A-lysrekord wat nog vir ‘n rukkie op die rekordboeke gaan pryk.

Topspelers

Senior spelers soos Stephen Baard, Christi Viljoen, Jean Bredenkamp, JP Kotzé en Craig Williams het ‘n reusebydrae tot die span se sukses gehad. Dit het nie die jeugdige naatbouler en blitskolwer, JJ Smit, verhoed om as die speler van die toernooi gekroon te word nie.

Smit het 221 lopies vir die week geslaan wat hom gesamentlik vierde op die algehele kolwerslys geplaas het, terwyl sy 13 paaltjies in ses wedstryde die derde beste was.

Elkeen van die Eagle-spelers het in spesifieke drukkokeroomblikke hul hand opgesteek om ‘n verskil aan die uitkoms van ‘n botsing te maak. Die Namibiese boulers het in ses kragmetings 53 paaltjies geoes en sy kolwers was deurentyd op die voorvoet om lopies te jaag.

Die linkshandige naatbouler, Jan Frylinck, het teen Oman vyf slagoffers vir ‘n skamele 13 lopies laat stap. Sy manjifieke bydrae het hom die speler van die wedstryd teen Oman gemaak.

Alhoewel individue in die Namibiese span met die louere as spelers van die wedstryd en speler van die toernooi weggestap het, verdien elkeen van die Eagles 'n speler van die toernooi-toekenning vir hul span se seges en nuutgevonde internasionale eendagstatus.

T20-wêreldbeker

Weens die wêreldwye inperking is die toekoms van dié kompetisie in die weegskaal wat vanaf 18 Oktober in Australië moet plaasvind.

Die Eagle-spelers is egter tans druk besig om te oefen. Die ICC het wel vroeër vandeesmaand aangekondig die toernooi sal wel plaasvind.

Baie geluk

Karl Birkenstock het op 27 Maart verjaar, terwyl dit vandeesmaand Gerhard Erasmus (11 April) asook Pikky Ya France en JP Kotzé (27 April) se beurt was.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!