Een Covid-19-verwante sterfte, 52 nuwe gevalle
Een Covid-19-verwante sterfte, 52 nuwe gevalle

Een Covid-19-verwante sterfte, 52 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterfte van 69-jarige man van Windhoek met onderliggende mediese toestande, het Namibië se Covid-19-verwante sterftesyfer tot 141 opgestoot. Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, het vandag 52 nuwe gevalle aangekondig waarvan 34 vroue en 18 mans is. Die ouderdomme wissel van een jaar oud tot 84 jaar.

Uit die nuwe gevalle is 13 in Lüderitz, een elk in onderskeidelik Karasburg en Keetmanshoop, 14 in Windhoek, 10 in Rehoboth, vier in Oshakati, een elk in onderskeidelik Walvisbaai, Omaruru, Swakopmund, Rundu, Oshikuku, Gobabis en Grootfontein en twee in Engela aangeteken.

Die 13 gevalle op Lüderitz sluit twee leerlinge en 'n gesondheidswerker van die staatshospitaal op die dorp in. Tien uit die 14 streke het bevestigde gevalle aangeteken en wel 71,4%.

Volgens Muinjangue het nog 30 mense herstel wat die totaal op 13 182 te staan bring. Dit sluit 25 in die Khomasstreek en vyf in Hardap in.

Die aktiewe gevalle staan nou op 337 waarvan vier gevalle in 'n baie ernstige of kritieke toestand is. Dit sluit een baie ernstige geval en twee kritieke gevalle in Khomas en een kritieke geval in Erongo in.

Tot op hede is 144 428 weefselmonsters getoets, 2 677 kontakte word gemonitor en 496 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!