Een resies oor in Pedal Power-reeks

Padfietsry
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die Windhoek Pedal Power-padfietsklub het Sondag by Brakwater noord van Windhoek sy vyfde Nedbank-byeenkoms vir 2021 aangebied, wat die eerste spantydtoetsbyeenkoms oor 32 kilo­meter was.

Die Simonis Storm/Hollard-span met Drikus Coetzee, Heiko Diehl, Ingram Cuff en Clinton Hilfiker in die saal, het die afstand 71 sekondes voor Team Cathy se trio Jacques van Zyl, Jean-Paul Burger en Willie van Zyl afgesluit.

Die Cymot-span bestaande uit Jürgen Sander, Kai Pritzen en Cobus Smit was derde, met bykans twee minute tussen hulle en Team Cathy.

Dié sege plaas Coetzee-hulle stewig in beheer van die spankompetisie met 79 punte gevolg deur Team Cathy (77) en Cymot (76) derde.

In die vroueresies het die Food Lover's Market-span (FLM) van Anri Krugel, Bertha Theron en Michelle Döman met 'n skrale sewe sekondes voor Cycletec/Hollard oor die eindstreep gejaag. Laasgenoemde spanlede was Anneke Steenkamp, Lelani Swart en Nicole Waldeck. Die Cymot-span (Nicola Fester, Monique du Plessis en Carmen Johannes) is derde geplaas met drie minute tussen hulle en Cycletec/Hollard.

Mannie's Bike Mecca (MBM) se vrouespan het Sondag nie gery nie, maar is ná vier byeenkomste steeds stewig in die saal met 46 punte. Tweede is Cycle/Hollard (41) met FLM derde op 38.

Die WPP bied sy sesde en laaste kompetisie op Sondag 20 Junie in Windhoek aan.

• Food Lovers Market se individuele tydtoetsreeks van vier byeenkomste is steeds propvol opwinding. Die FLM-reeks het op 2 Junie by Matchless wes van die Windhoek begin. Môre is Brakwater opnuut in die jaers se visier. Die derde en vierde uitdagings vind onderskeidelik op 16 en 23 Junie by Matchless en by die NamWater-brug op die B1-hoofpad noord van die hoofstad plaas.

Drikus Coetzee het die eerste FLM-tydtoets se elite mansklas in 'n haastige 29 minute 34 sekondes gewen. Konrad Marais in 34:11 was tweede, terwyl Jurgen van Wyk (35:02) derde was. Die drie algehele vinnigste tye is deur Coetzee, die veteraan Ingram Cuff (30:49) en die junior ryer Bergran Jensen (31:43) aangeteken.

Courtney Liebenberg (36:06) het die elite vroueresies gewen, gevolg deur Irene Steyn (38:51) en Marsha Nel (44:17).

Sondag se voorste uitslae:

Mans: 1 Simonis Storm/Hollard (41:15), 2 Team Cathy (42:21), 3 Cymot (44:01), 4 Lumber City (45:45), 5 NCCS (46:19).

Kampioenskapspunte: 1 Simonis Storm/Hollard (79), 2 Team Cathy (77), 3 Cymot (76), 4 Cycletec/Hollard (72), 5 NCCS (64).

Vroue: FLM (51:39), 2 Cycletec/Hollard (51:46), 3 Cymot (54:46), 4 PSG (56:16).

Kampioenskapspunte: 1 MBM (46), 2 Cycletec/Hollard (41), 3 FLM (38), 4 Cymot (33).



BERGFIETSRY

Twee Namibiërs het Sondag in Guéret aan 'n Franse Bekerreeksbyeenkoms deelgeneem.

Michelle Vorster, wat reeds gekwalifiseer het om binnekort aan haar tweede Olimpiese Spele deel te neem, het die vier rondtes van 5 km in die elite vroueresies in die 19de posisie voltooi. Frankryk se bergfietskampioen Lena Gerault het haar uitstekende peil die afgelope weke volgehou en 'n oortuigende sege behaal.

Hugo Hahn, een van die land se belowende o.23-jaers, was veel minder gelukkig toe hy geval en sy sleutelbeen gebreek het.


FOTO’s
Die FLM-vrouespan het Sondag in die spantydtoets koning gekraai. Van links is Binette Klein, Anri Krugel, Bertha Theron, Michelle Döman en Hester Prins. Foto verskaf

Van links is Clinton Hilfiker, Drikus Coetzee, Ingram Cuff en Heiko Diehl van die Simonis Storm/Hollard-span. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!