• Tuisblad
  • Sake
  • Een se dood is ander brood, toon Edcon se storie
Een se dood is ander brood, toon Edcon se storie
Een se dood is ander brood, toon Edcon se storie

Een se dood is ander brood, toon Edcon se storie

Renteskuld vreet kontant
Jo-Mare Duddy Booysen
Nellie Brand-Jonker - As die winkelreus Edcon nóg markaandeel verloor, sal die winkelgroepe Foschini en Truworths waarskynlik die meeste voordeel daaruit trek.
Edcon is ten spyte daarvan dat sy markaandeel erg gekrimp het, die afgelope jare steeds so groot dat sy doen en late ander winkelgroepe beïnvloed.
Die maatskappy besit onder meer Edgars, Jet, Boardmans en CNA.
Edcon sukkel met ’n reuse-skuldlas sedert die Amerikaanse beleggingsmaatskappy Bain Capital in 2007 ander aandeelhouers uitgekoop het in ’n transaksie wat met skuld gefinansier is.
Die rentebetalings op die skuld vreet sy kontant, wat broodnodig is om die maatskappy om te keer en te laat groei.
Herman Lloyd, ’n portefeuljebestuurder van FNB Sekuriteite, sê selfs al is Edcon nie genoteer nie, word hy dopgehou omdat hy nog so ’n groot markaandeel het, maar onder groot druk is. "Daar is redelike onsekerheid oor hoe die Edcon-storie gaan eindig," sê hy.
Die kans is goed dat die maatskappy nog markaandeel gaan verloor omdat dat hy steeds besig is met ’n omkeerproses en ’n poging om sy reuse-skuldlas te herstruktureer.
Die maatskappy, wat normaalweg sy jaarstate in Junie uitreik, het dit nog nie gedoen nie omdat hy besig is om sy skuld van R26 miljard te herstruktureer. Sy jaarstate sal ’n aanduiding gee of sy verkope nog sukkel vergeleke met dié van die genoteerde winkelgroepe.
Volgens hom het Edcon se markaandeel baie gedaal die afgelope jare en baie van sy verkope vind nog op krediet plaas, wat in die huidige ekonomiese toestande ook onsekerheid skep omdat verbruikers onder soveel druk is.
Sean Holmes, Caron Bramwell en Ryan Eichstadt, navorsingsontleders van Deutsche Bank Sekuriteite, het ’n ontleding gedoen van hoekom Edcon se lot saak maak, gegewe die onsekerheid wat oor die maatskappy se toekoms hang. Die ontleders glo dat veral Truworths en The Foschini Group se aandeelpryse nie die moontlikheid weerspieël dat Edcon nóg mark­aandeel kan verloor nie.
Edcon se markaandeel het van ’n hoogtepunt van 34% in 2006 in die jaar voordat die transaksie gedoen is tot 23% gekrimp.
Dit lyk of dit meestal Pepkor en Mr Price is wat sedertdien markaandeel gewen het.
Nieteenstaande die verlies aan mark­aandeel is Edcon (net Jet en Edgars word ingesluit) die tweede grootste onder die groot nasionale klerewinkelgroepe, met verkope van R24,7 miljard.
Pepkor het in 2014 vir Edcon verbygesteek en is nou die grootste markspeler met 26% markaandeel of R28 miljard se verkope, toon die inligting.
Die daling in Edcon se markaandeel is grootliks omdat sy kredietverkope beteuterde groei getoon het.
Edcon se verkope op krediet verteenwoordig sowat 32% van die totale verkope op krediet by klerewinkelgroepe. In 2006 was sy markaandeel van kredietverkope op ’n hoogtepunt van 48%.
Truworths en Foschini asook Mr Price het die grootste voordeel hieruit getrek.
Edcon is steeds die grootste verkoper op krediet, met Foschini in die tweede plek met 26% van die mark. Hy het in 2006 sowat 22% van die mark gehad. Truworths het 14% van die mark gehou en het nou 24%.
Lloyd sê Edcon ly nog op die oomblik ’n verlies.
“Dit blyk dus dat daar ’n groot geleentheid is vir Truworths en TFG om verder markaandeel te steel.”
- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!