Eers gesondheidsinspeksie voor mark open
Eers gesondheidsinspeksie voor mark open

Eers gesondheidsinspeksie voor mark open

Strukturele veranderinge is aangebring om die Oshetu informele mark in ‘n veilige verkoopsruimte met genoeg afstand tussen kopers te omskep.
ELIZABETH JOSEPH
Elizabeth Joseph - Stadspolisiebaas Abraham Kanime sê hoewel opknappings aan die Oshetu informele mark by die Enkelkwartiere in Katutura fluks vorder, moet die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste die mark eers inspekteer voordat handel kan begin.

Aanpassings is aan die uitleg by die mark gedoen sodat dit vir kopers moontlik sal wees om fisieke afstand van mekaar te handhaaf, binne sowel as buite die mark.

Die informele handelaars sal nie met die kopers in fisieke kontak kom nie. Kapana (vleis) sal vooraf berei en as wegneem-ete verkoop word, sê Kanime.

“Ons het die ou strukture afgebreek om nuwe vuurmaakplekke gebou. In die tussentyd sal die vleis rou verkoop word. Die verkoopsruimte is aangepas en is nou meer higiënies.”

Volgens hom sal streng sekuriteitsmaatreëls geld, met sekuriteitswagte en die stadspolisie wat deurentyd teenwoordig sal wees. “Sosiale afstand is uiters belangrik in hierdie tyd.”

Die mark sal van 08:00 tot 19:00 daagliks oop wees.

Hy het daarop gewys dat die stryd teen die coronavirus ‘n internasionale veldtog is. Kanime sê die publiek moet vooraf weet wat hulle wil koop, sodat hulle nie tyd mors en talm nie. “Die rye moet vinnig beweeg,” was sy woorde.

Volgens die woordvoerder van die Windhoek munisipaliteit word op die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gewag om te bevestig op watter dag hulle die gesondheidsinspeksie gaan doen.

Intussen is verneem dit sou gistermiddag geskied het nadat die verkopers hulle stalletjies ingerig het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!