Efundja: Situasie ‘mag interessant raak’
Elvira Hattingh - Alhoewel die Etoshapan reeds water ingekry het en daar water in sommige oshanas in die Noorde is, is dit nog té vroeg om te sê of die efundja vanjaar sal afkom.
Tog meen die hoof van hidrologie by die Namibië Hidrologiese Dienste, me. Paulina Mufeti, die situasie “dalk interessant mag raak”, omdat die eerste reën in die Cuvelai-opvangsgebied die grond versadig gelaat het, wat beteken water kon reeds in sommige oshanas versamel.
“Ons sal egter eers teen einde Februarie of Maart duidelikheid hieroor hê," het sy gesê.
Sy sê in sommige gebiede word daar reeds met mukoros (uitgekerfde houtbootjies) tot by die beeste geroei.
Mufeti sê egter die feit dat die Etoshapan reeds water ingekry het, is beduidend, want die pan is ‘n eindpunt in dié opvangsgebied.
Mufeti verduidelik dat die efundja verwys na “’n groot massa water” wat afkom.
Die Efundja het laas in 2017 afgekom. FOTO ARGIEF.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie