Egipte se Morsi kry lewenslange tronkstraf
Egipte se eerste demokraties verkose president, Mohammed Morsi, is Saterdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Die hof het ’n vorige vonnis van 15 jaar tronkstraf weens die steel van staatsdokumente ter syde gestel, maar sy lewenslange vonnis – in effek 25 jaar – omdat hy ’n onwettige organisasie gelei het, bekragtig.
Hy het appèl aangeteken teen die vorige vonnisse.
Morsi, leier van die Moslem Broederskap, wat sedertdien onwettig verklaar is, het in 2012 aan die bewind gekom nadat pres. Hosni Moebarak ná 30 jaar uit die kussing gelig is. Hy was net ’n jaar aan bewind toe hy in ’n staatsgreep deur genl. Abdel Fattah al-Sisi vervang en onmiddellik in hegtenis geneem is.
Morsi en nog nege mans is in 2014 daarvan aangekla dat hulle geheime dokumente van Egipte aan Katar verskaf het.
Egipte het in Junie vanjaar alle bande met Katar verbreek omdat dié land militante Moslem-groepe sou steun en met Iran sou saamwerk. Die regering in Doha ontken dit.
Sisi sê hy sal die Moslem Broederskap uitwis.
Mensregteaktiviste en Amnestie Internasionaal het al hul kommer uitgespreek oor die manier waarop Morsi verhoor is.
Die Verenigde Nasies het in 2014 gesê Egipte se regstelsel word ondermyn nadat 1 200 mense in twee massa-verhore ter dood veroordeel is .- Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie