Egipte veroordeel 75 ter dood oor protes in 2013
Egipte veroordeel 75 ter dood oor protes in 2013

Egipte veroordeel 75 ter dood oor protes in 2013

Die kriminele hof in Kaïro, Egipte, het Saterdag 75 mense wat in 2013 aan ’n protesaksie deelgeneem het ter dood veroordeel terwyl meer as 600 ander tronkstraf gekry het, berig Reuters.

Twee van die terdoodveroordeeldes is die vooraanstaande Moslem-leiers Essam al-Erian en Mohamed Beltagi. Veiligheidsmagte het destyds honderde betogers tydens die protesaksie op die Rabaa Adawija-plein in Kaïro doodgeskiet.

Die gevonniste mense – onder wie joernaliste – het nou 60 dae om teen die vonnisse te appelleer.

CNN berig betogers het in 2013 ’n maand lank op die Rabaa al-Adawija-plein en die al-Nahda-plein gesit om te protesteer teen die staatsgreep wat die demokraties verkose pres. Mohamed Morsi uit sy amp verwyder het.

Ingryping deur die Egiptiese weermag onder bevel van die huidige pres. Abdel Fattah el-Sisi het tot geweld gelei.

SITSTAKING

Soldate het outomatiese vuurwapens en militêre masjinerie gebruik om die duisende betogers te verdryf.

The Independent berig militêre magte het meer as 900 mense tydens die sitstaking op die twee pleine doodgeskiet.

Die Egiptiese regering het gesê die betogers was gewapend en dat ses lede van die weermag ook onder die 900 dooies was.

Human Rights Watch sê dit is die meeste mense wat nog op een dag tydens betogings doodgemaak is.

Onder die 739 beskuldigdes is joernaliste en lede van die Moslem-broederskap.

Mohamed Badie, die geestelike leier van die Moslem-broederskap, en dosyne ander mense is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis terwyl ander tussen vyf en 15 jaar tronkstraf gekry het.

Sisi moet nou die vonnisse bekragtig. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!