Egiptiese leier na VSA u2013 glo Trump ken sy land
Egiptiese leier na VSA u2013 glo Trump ken sy land

Egiptiese leier na VSA – glo Trump ken sy land

Estelle de Bruyn
Ná bykans vier jaar van spanning tussen Egipte en Amerika is die Egiptiese leier, Abdel Fattah el-Sisi, op pad na die VSA om met dié land se president te vergader.

El-Sisi en pres. Donald Trump van Amerika sal in Washington 'n hernude verhouding probeer skep.

Die Egiptenaar sal ook met hooggeplaaste amptenare by die Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds vergader en hulle om hulp vra met sy land se sukkelende ekonomie.

Die twee staatshoofde het in September verlede jaar vir die eerste keer ontmoet.

Dit sal El-Sisi se eerste besoek aan Amerika wees sedert hy in 2014 president geword het. Hy het nooit 'n uitnodiging van oudpres. Barack Obama ontvang nie.

Die verhouding tussen dié twee was stram nadat Obama El-Sisi se verdrukking van sy teenstanders gekritiseer het – veral die manier hoe El-Sisi die weermag gebruik het om Mohamed Morsi van die Moslem-broederskap te ontsetel.

Wanneer El-Sisi met Trump samesprekings voer, sal dit met 'n eweknie wees wat sy missie - om rebelle en gewapende magte te bestry - sal verstaan sonder Obama se standpunt oor menseregte.

“Trouens, Trump het 'n goeie begrip wat in Egipte aan die gang is,” het El-Sisi oor hom gesê.

Trump was self vol lof. “Hy is 'n fantastiese mens, iemand wat werklik beheer oor Egipte geneem het.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!