Einde in sig vir Castro-heerskappy in Kuba
Die Castro-naam sal bly staan in Kuba, maar dié familie se dekades lange heerskappy kom tot ’n einde wanneer Raúl Castro (86) uittree as president. Kuba se parlement het besluit dat Miguel Díaz-Canel die enigste kandidaat is wat die leisels by Castro kan oorneem, berig die BBC.
Castro het in 2006 die presidentskap oorgeneem toe sy broer Fidel se gesondheid verswak het.
Die land se nasionale vergadering sal na verwagting nog stem oor die benoeming maar Díaz-Canel sal byna vir seker dié amp oorneem.
Castro sal na verwagting steeds ’n sterk invloed in dié kommunistiese staat hê, selfs al tree hy af.
Hy bly die hoof van die Kommuniste Party tot die volgende kongres in 2021.
Jare lank het baie Kubane gedink dat Castro se dogter, Mariela, of sy seun, Alejandro, die volgende Castro’s sou wees wat aan die bewind sou kom, berig CNN.
Mariela is ’n lid van die land se nasionale vergadering en ’n voorstander vir gay- en transgenderregte. Alejandro is ’n kolonel in die Kubaanse teenintelligensiediens wat die eiland verteenwoordig het in geheime samesprekinge met Amerika.
In plaas daarvan het die 57-jarige Díaz-Canel, die huidige adjunkpresident, dié pos ingeneem.
“Ek glo in kontinuïteit. Ek dink dat daar altyd kontinuïteit sal wees,” het Díaz-Canel onlangs aan verslaggewers gesê toe hy gevra is oor sy visie vir Kuba se toekoms.
“Kontinuïteit” beteken waarskynlik voortgesette beperkings op die private sektor vir Kubane en sterk beheer oor buitelandse beleggings.
Min mense glo egter dat sake sal verander in die kommunistiese land wanneer Díaz-Canel oorneem.
“Mense in Kuba het nog nie regtig besef wat dit beteken om ’n regering te hê sonder Raúl of Fidel aan die stuur nie,” het Yassel Padron Kunakbaeva, ’n prominente blogger, aan CBS Miami gesê.
“Ons betree ’n onbekende grondgebied.”
Tienduisende mense wat hoogs opgevoed is, verlaat jaarliks die eiland, wat Kuba agterlaat met ’n kombinasie van ’n Derdewêreldse ekonomie en die demografie van ’n verouderende Europese nasie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie