(Eindelik) 'n nier vir Shaali

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Terwyl ander kinders van sy ouderdom buite speel of skool toe gaan, bring Shaali Iipinge (11) sy dae in die hospitaal of op 'n dialisemasjien deur.

Dit is moeilike tye vir haar seun, sê Pauline Chigumbu.

“Hy kan dan nie skool toe gaan nie en kon nog nie sy lewe leef soos wat 'n normale 11-jarige seun doen nie. Hy spandeer die meeste van sy tyd op dialise of in die hospitaal,” sê sy.

Die enigste hoop vir Shaali is 'n nieroorplanting wat hopelik vanjaar reeds 'n werklikheid sal word ná 'n geskikte nier uiteindelik vir hom gevind is.

Shaali se skenker, Judene Taljaard (34) van Walvisbaai, het van sy soektog na 'n geskikte nier in die sosiale media gelees en besluit sy wil help.

“Hy is so oud soos my dogter en ek sou graag wou hê as sy in Shaali se posisie was, daar iemand sou wees wat bereid is om haar te help,” sê Judene.

Geen kind verdien om heeldag aan ­masjiene gekoppel te wees nie, sê sy.

“Hy is een van die pragtigste kinders wat ek al ooit ontmoet het en is vrek oulik. Grootmense kan baie by Shaali leer.”

Judene moes die afgelope jaar verskeie toetse ondergaan om seker te maak sy is 'n geskikte skenker.

Ongelukkig het verskeie infeksies Shaali telkens in die hospitaal laat beland, wat die oorplantingsproses ­gekortwiek het.

Hy en Pauline vertrek Saterdag na Suid-Afrika waar hulle sal vertoef tot hy gesond genoeg vir die oorplanting is, wat in Johannesburg gedoen sal word.

Die afgelope paar maande was nie maklik nie, sê Pauline.

“Daar was 'n tyd wat Shaali voort­durend in die hospitaal was omdat hy nie goed op die hemodialise gereageer het nie.”

Sy pediatriese nefroloog het in ­September verlede jaar reeds ­voorgestel die familie verhuis na Johannesburg vir behandeling, maar dit was volgens Pauline nie vir haar gesin moontlik nie.

“Daar is gevrees Shaali raak weens die voortgesette infeksies te 'septies' om 'n nier te kan ontvang.”

Sedertdien het sy toestand gestabiliseer en omdat 'n moontlik geskikte skenker geïdentifiseer is, is dit volgens Pauline nou onvermydelik om die skuif na Suid-Afrika te maak om haar seun op sy oorplanting voor te berei.

Die gesin sal ten minste vier maande in Johannesburg moet deurbring.

“Ons is ongelooflik dankbaar teenoor die skenker. Sy het nie net lewe aan Shaali geskenk nie, maar ook aan die hele familie.”

Pauline sê daar word gesê God stuur nie iets oor jou pad wat te moeilik is om te hanteer nie, maar haar seun se siekte is een van die swaarste kruise wat sy moet dra.

“By een van die dialisesessies toe Shaali erg siek was, het ek op my knieë gegaan en tot God geroep vir hulp.”

Skenkings vir Shaali se mediese koste kan in die volgende rekening van die Okanti-stigting inbetaal word: Nedbank Namibia, Daniela Medical Trust, takkode: 461609, tjekrekeningnr: 11010022195, verwysing: Shaali Iipinge.

Kontak me. Michaela Tietz-von Leipzig, trustee en stigter van die Okanti-­stigting, by 081 127 8544 vir meer besonderhede.

 – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!