Eis teen Dippenaar in limbo
Meer as ses jaar ná die gru-ongeluk naby Hentiesbaai wat ses lewens geëis het, kon die siviele eis teen die bestuurder nie begin nie omdat sy regsverteenwoordiger hom aan die saak onttrek het.
Erwin Leuschner – Die 22-jarige Duitse burger, me. Antonia Joschko, het meer as ses jaar gelede haar gesin in 'n grumotorongeluk verloor toe hulle op vakansie in Namibië was.
Helaas is daar nog geen einde in sig vir die strafregtelike saak of siviele eis teen mnr. Jandré Dippenaar, die bestuurder van die voertuig wat na bewering die ongeluk veroorsaak het nie.
“Hierdie onsekerheid is die ergste, maar my geduld raak nou min met hierdie vertragings,” het sy in 'n onderhoud met Republikein se susterkoerant Allgemeine Zeitung gesê.
Volgens haar Duitse prokureur, dr. Eberhard Seybold, sou die siviele eis op 3 Mei in die Windhoekse hoërhof afskop – en dít “met baie getuies en kundiges” uit Duitsland.
Voor dié verhoor is egter in middel Maart 'n statusverhoor gehou. Dippenaar het sonder sy prokureur, mnr. Petrie Theron, in die hof verskyn en gesê hy kan nie meer sy regsverteenwoordiger bekostig nie en dat Theron hom aan die saak onttrek het. Theron was gister nie vir kommentaar beskikbaar nie.
Die saak is tot 30 Maart vir 'n opvolgstatusverhoor uitgestel en om Dippenaar die geleentheid te gee om 'n versoek om regshulp in te dien. Maar nóg Dippenaar, nóg 'n prokureur, het op 30 Maart in die hof verskyn.
Die opvolgstatusverhoor is uiteindelik tot komende Dinsdag (11 Mei) uitgestel, waar Dippenaar sal moet verduidelik waarom hy nie in die hof verskyn het nie. Die aanvanklike verhoordatum vir die siviele hofsaak is intussen uitgestel en geen nuwe datum is nog vasgestel nie.
“Dit is uiters frustrerend dat hy (Dippenaar) nie eens meer in die hof verskyn nie. Dit skep die indruk dat hy nie omgee nie,” het Joschko gesê.
“Ons het alles vir die verhoor voorberei.”
Haar prokureur beskou Dippenaar se versuim om in die hof te verskyn as 'n taktiese maneuver.
“Ons sal hom nie hiermee laat wegkom nie,” het hy gesê.
Joschko het 'n siviele skadevergoedingseis van byna N$11 miljoen teen Dippenaar ingedien nadat sy haar pa, mnr. Markus Joschko (48), haar ma, me. Stephanie Schermuck-Joschko (49) en haar suster, Alexandra Joschko (19) in die ongeluk op 29 Desember 2014 verloor het.
Joschko was toe 16 jaar oud.
“Ek reis elke keer met gemengde gevoelens na Namibië. Ek het nou baie vriende hier, maar sekere dinge, soos om 'n motor te bestuur, is baie moeilik vir my,” het Joschko gesê.
Sy is veral gefrustreerd omdat die siviele verhoor “onnodig uitgerek word” en is ook teleurgesteld omdat nóg Dippenaar, nóg sy familielede hul medelye betuig het – al het hulle 'n paar keer saam in die hof gesit.
“Meegevoel is nie 'n erkenning van skuld nie, maar nie net is my hele gesin daardie dag van my weggeneem nie, maar ek is ook van my kinderjare en huis beroof.
“Op die ouderdom van 16 was my kinderdae verby.”
Ná die ongeluk het Joschko by haar ouma in Duitsland gaan woon. Sy studeer tans in 'n mediese rigting.
“Ek moes vinnig grootword, want ek moes skielik kwessies hanteer waarmee 'n 22-jarige nie gekonfronteer moet word nie,” het sy gesê.
Benewens die siviele eis, staan Dippenaar tereg op ses aanklagte van moord, 'n klag van roekelose of nalatige bestuur, 'n klag van bedrog sowel as 'n klag van bestuur sonder 'n geldige rybewys. Die strafregtelike saak sal in Oktober by die streekhof in Swakopmund voortgesit word.
Dippenaar word daarvan beskuldig dat hy die ongeluk veroorsaak het wat die lewens van Markus, Stephanie en Alexandra, sowel as dié van me. Dinah Pretorius (30) van Gobabis, me. Charlene Schoombe (24) en mnr. Jan-Carel Horn (27) van Windhoek, almal Namibiese burgers, geëis het.
Theron en die advokaat, mnr. Louis Botes, verteenwoordig Dippenaar in die strafregtelike saak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie