Elemotho sing vir renosters
Red die Renosterfonds hou bewusmakingsveldtog
Internasionale Renosterdag word op 22 September gevier en die Red die Renosterfonds (SRT) gaan 'n nasionale uitreikveldtog ter ondersteuning van renosterbewaring en die bekamping van renosterstropery van stapel stuur.
" Met hierdie veldtog beoog ons om inligting te deel en bewusmaking van renosterbewaarderskap landwyd te bevorder," lui 'n mediaverklaring van SRT.
" Ons renosters word deur georganiseerde stroperysindikate bedreig en ons moet bewustheid plaaslik verhoog en Namibiërs die belangrikheid van die bewaring van renosters laat verstaan."
SRT gaan saam met verskeie besluitnemers en rolspelers op 6 September in Windhoek byeenkom om persoonlike boodskappe vir Wêreld Renosterdag uit te stuur wat in 'n bewusmakingsveldtog in die media gebruik gaan word.
Die gewilde Namibiese kunstenaar Elomotho gaan ook sy stem in die vorm van 'n oorspronklike liedjie vir renosterbewaring gebruik wat op Wêreld Renosterdag vrygestel gaan word.
Volgens SRT is Namibië die tuiste van 34% van die wêreld se oorblywende swartrenosterbevolking (Diceros bicornis) en huisves dit 90% van die suidwestelike subspesie (Diceros bicornis bicornis). Noordwestelike Namibië spog met die laaste ware vrylopende bevolking van enige renosterspesie en die grootste buite nasionale parke. SRT meen die land se renosters is 'n nasionale bate wat aan elke Namibiër behoort en Namibiërs moet trots wees om hierdie baie skaars spesie in die land te hê.
" Ons sukses om die spesies van uitwissing te red, gee ons 'n prominente plek in die wêreldkollig. Die SRT werk nóú saam met die ministerie van die omgewing en toerisme en met die steun van die Wêreldnatuurfonds (WWF), Landelike Geïntegreerde Ontwikkeling en Natuurbewaring (IRDNC), Namibië se sambreelorganisasie vir die Gemeenskapgebaseerde Natuurlike Hulpbronnebestuur-program (Nacso), kommunale bewaringsgebiede en plaaslike gemeenskappe en ons is trots om deel te wees om te verseker dat die land se renosterbevolking oor die afgelope drie dekades toegeneem het."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie